Leesplan inligting

Die Koning Se PragVoorbeeld

Splendor Of The King

DAG 1 VAN 5

'n Briljante Koning Soms voel die lewe eentonig. Ons gaan deur seisoene wat nie so helder is nie. Of dit voel of ons in die skaduwees lewe. Hoop voel ver weg en ons gees is arm en gebroke. Ek het Sambo in Kambodja ontmoet waar hy in die skaduwees weggekruip het. Hy was baie arm in elke faset van sy lewe: materieel, geestelik en wat verhoudings aan betref. Sambo het in die sewentiger jare in Kambodja grootgeword en deel geword van die Khmer Rouge bewind. Hy is as jong seun geïndoktrineer en het een van hulle soldate geword. Toe Khmer Rouge se bewind tot 'n einde gekom het, het Sambo alkohol misbruik om sy pyn te verdoof. 'n Rukkie later is hy getroud, maar hy was nie 'n goeie man en pa nie. Hy het sy vrou geslaan en sy kinders het in die slawehandel beland. Sambo het nie meer hoop gehad nie. Hy het baie foute gemaak. Sy lewe was 'n mislukking en hy het sy seer verdoof deur alkohol te misbruik. Toe Jesus na die tempel gegaan het, het hy Jesaja 61 gebruik om sy doel aan te kondig—om goeie nuus vir die armes te bring. Vir mense soos Sambo. Vir mense soos ek en jy. Ons as Christene het dieselfde Gees. Christus leef in ons en hy is ons hoop op die heerlikheid. Wanneer ons seer kry, wanneer hoop ver is, kan ons Jesus se woorde vertrou. Hy kan ons donker seisoene verander. Hy maak die gebroke harte heel, hy maak die kettings los en genees die mense wat niks meer voel nie. Ons as Christene het dieselfde Gees. Christus leef in ons en Hy is ons hoop op die heerlikheid. Jesus beloof lewe, hoop en geborgenheid. Hy is ons briljante Koning. Bid: Here, dankie vir U Gees wat in my woon. Laat my die volheid van U heerlikheid ervaar. Amen.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Splendor Of The King

Jesus het die begin van Sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat Sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en ...

More

Ons sê vir Tearfund baie dankie vir hierdie leesplan. Besoek http://www.tearfund.org/yv indien jy meer inligting soek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid