Leesplan inligting

Die Koning Se PragVoorbeeld

Splendor Of The King

DAG 3 VAN 5

Herstel vanaf die Vader God is in die herstel besigheid en hy is 'n meester daarvan. Sambo is 'n lewende getuie daarvan! (Kyk na Dag 2) Op die laagtepunt in sy lewe, was sy vrou bang vir hom, sy bure het nie van hom gehou nie en sy seuns is as slawe verkoop. Toe ek hom ontmoet het, was dit egter 'n ander storie. Hy was vol vreugde en liefde, want hy het God se herstel in sy lewe ervaar. Toe Sambo tot geloof gekom het, is hy van sy alkohol afhanklikheid genees. Sy verhouding met sy vrou is herstel en hy het sy eie besigheid begin. Die ekstra inkomste het gehelp om sy kinders terug huis toe te bring. Hy het selfs 'n klein kerkie begin, met 20 of meer van die plaaslike gesinne wat dit bywoon. Alles verander wanneer ons God se reddende krag in ons lewens ervaar. Ons ken almal mense wie se lewens herstel moet word. Miskien is jy een van hulle. Bid: Ek is baie dankbaar dat u my wil herstel. Ek vra dat u my vandag ten volle herstel en vreugde en liefde gee. Amen.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Splendor Of The King

Jesus het die begin van Sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat Sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en ...

More

Ons sê vir Tearfund baie dankie vir hierdie leesplan. Besoek http://www.tearfund.org/yv indien jy meer inligting soek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid