Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 78 VAN 88

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF VREESLOOS

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Genesis 1:26-28 en Genesis 3.

God het die mens na sy beeld geskep (Genesis 1:27). Sonde het egter in die wêreld ingekom. Wat is die situasie nou? Lees Efesiërs 2:1-10. Wat leer hierdie verse jou?

WANDEL IN WAARHEID
Ons was dood in sonde! Ons het eens op 'n tyd die prins van die magte in die lug gevolg – die duiwel! die Satan! Ons was eens slawe van die gees wat aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. Ons het geleef volgens die wellus van ons vlees; om ons eie begeertes te bevredig. Ons was kinders van die toorn. God was ons egter genadig. Bid dat God jou sal help om met sy oë te sien. Vra dat Hy jou sal help om dit waarlik te glo. Sonde het ons gedagtes verduister. Dit wat ons dink is onrein. Ons vind dit moeilik om te begryp wat God vir ons gedoen het en daarom is dit moeilik om dit met ander te deel! O Here, help ons! Help ons om te BEGRYP! Help ons om dit te deel!

RIG JOU HART
Lees vandag die volgende kernverse. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Genesis 1:27 – "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep."

Romeine 5:12 – "... deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het."

2 Korintiërs 5:21 – "Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."

Galasiërs 2:20 – "... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

1 Petrus 1:3-4 – "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word."

Sluit vandag af met ‘n gebed deur 1 Petrus 1:6-9 te lees.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org