Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 83 VAN 88

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF VREESLOOS

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees vandag weer Efesiërs 2:1-10.

WANDEL IN WAARHEID
Ruim vandag tyd in om jou gebede neer te skryf vir die mense wat die Here in jou lewe geplaas het. Skryf kort bondige gebede sodat jy dit maklik elke week kan bid. Bid ook vir geleenthede om die evangelie met mense wat jy nie ken nie te deel. Vra die Here om jou te help om jou geloof vreesloos, getrou, vry en aangenaam uit te leef! Vra Hom om jou te help om 'n aangename, welriekende geur vir almal om jou te wees. Wees lief vir die Here en verlustig jou in Hom. Saam kan julle Hom 'n werklikheid maak vir dié wat Hom nog nie ken nie!

RIG JOU HART
Hoeveel van die kernverse van die afgelope drie dae het jy gememoriseer (of kan jy memoriseer)? Jy kan aanhou oefen om jou geloof getrou en vreesloos uit te leef! Hoeveel lewens kan deur een veranderde lewe beïnvloed word ?

Geskep na die beeld van God – Genesis 1:27
Sonde en die dood – Romeine 5:12
Vyande van God – Kolossense 1:21
Hy het sonde geword – 2 Korintiërs 5:21
Bely en verklaar – Romeine 10:9-10
Leef eerbaar Kolossense 1:10
Gaan maak dissipels – Matteus 28:19-20
Die ewigheid met God –Johannes 3:16

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org