Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 80 VAN 88

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF VREESLOOS

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees weer Efesiërs 2:1-10. Tot watter nuwe insig kom jy vandag terwyl jy lees?

WANDEL IN WAARHEID
Ons is uit genade gered. Ons het hoegenaamd geen bydrae tot ons verlossing gelewer nie. Sonder God se hulp sou ons nie eens weet dat ons verlossing nodig het nie. Waarvan in die wêreld het ons redding nodig? Net God kan ons oë vir ons eie ellendigheid oopmaak! Ons is deur Hom gered, uit sy genade, vir sy doel!

Dink hoe God jou kan gebruik om hierdie waarhede met ander te deel. Begin ‘n gesprek met die mense wat God vandag op jou pad plaas. Vra hulle hoe hulle dag sover verloop het? Luister aandagtig. God sal heel moontlik ‘n geleentheid skep. Jy kan vra of daar enigiets is waarvoor jy vir hulle kan bid. Vra: Kan ek nou saam met jou bid? Vra dan of enigiemand al ooit hulle geloof met hulle gedeel het.

RIG JOU HART
Terwyl jy die volgende kernverse deurlees, bepeins dit en probeer om die verse te memoriseer sodat dit tot jou hart en denke kan vul. Hoe meer ons begryp wat God werklik vir ons gedoen het, hoe meer sal ons dit met ander wil deel!

Geskep na die beeld van God
Genesis 1:27 – "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep."

Sonde en die dood
Romeine 5:12 – "... deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het."

Vyande van God
Kolossense 1:2 – "Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse."

Hy het sonde geword
2 Korintiërs 5:2 – "Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org