Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Genesis 45:4-8 en Eksodus 4:10-12.
Wat vertel Josef vir sy broers? Wat leer jy as jy na God se gesprek met Moses luister? Wat moet jy vir jouself sê?
WANDEL IN WAARHEID
Wat is jou huidige lewensomstandighede? Hoe het God jou tot hiertoe gelei? Wat gaan aan in jou lewe wat jy nie verstaan nie?
Het jy alles aan Hom toevertrou? Sal jy jou hele lewe voor die Here neerlê en alles aan Hom oorgee? Moenie op jou eie perspektief staatmaak nie. Moenie op jou eie insig steun nie, maar glo dat God alle dinge laat gebeur soos "... Hy Hom dit voorgeneem" (Efesiërs 1:11) het; "... dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).
God kan enigiets en alles gebruik. Hy gebruik alles ten goede, selfs ons sondes. Gelukkig is die uitkoms van ons lewens nie van ons afhanklik nie. Wat 'n donker toekoms sou dit wees! God is in beheer, en Hy laat alles ten goede meewerk, selfs al voel dit sleg. Draai na God in gebed en vra Hom vir sy hulp om dinge volgens sy perspektief te sien. Vra hom vir die geloof om Hom te vertrou en nader aan Hom te kom, selfs wanneer Hy jou leed laat ervaar.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Deuteronomium 32:39
"Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org