Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 14 VAN 25

"Houer van Belofte"



In my grootwordjare was my geliefkoosde Kersversiering die geboortetoneel. Hoog op die rak, het die wit porselein karakters om die krip saamgedrom, omring deur loof en ligte. Ek onthou hoeveel aande ek my ma gevra het of dit al tyd was om die ligte aan te skakel en so die toneeltjie te verlig. Vir my was dit nog nie Kersfees voor daardie gloeilampies geblink het in die weerkaatsing van die glasfiguurtjies nie. Al was die kersboom versier met baie presente daaronder, was dit die geboortetoneel wat my altyd gelok het.



Soos ek ouer geword het, het ek daarvan gehou om te lees en te leer van die langverwagte Verlosser. Alhoewel Kersfees Jesus se aardse koms vier, het die verhaal baie eeue vroeër begin. Beslis vir Maria. Hierdie Joodse tiener het dwarsdeur haar lewe gehoor dat God 'n Redder, 'n Verlosser, vir sy volk sou bring, iemand wat alles wat verkeerd was weer sou heelmaak. Die middelpunt van gesinsgesprekke deur die loop van die jaar, het waarskynlik gegaan oor die komende Koning wat ewige vrede en geregtigheid sou bring.



Dit was egter reeds 400 jaar sedert enigeen van God gehoor het. Dit het voorgekom of die God wat persoonlik met Maria se voorvaders in die geloof gepraat het, nou stil geword het. Nadat die belofte reeds eeue deur geslagte oorgelewer is, sonder nuwe verhale om te vertel, wonder jy of geloof in God se belofte afgeneem het.



As dit vir sommige die geval was, was dit klaarblyklik nie so vir Maria nie. Stel jou die verbasing van hierdie gelowige tiener meisie voor toe sy die eerste was wat na 400 jaar, 'n boodskap van God ontvang het! 'n Boodskap wat met dié frase begin het: "Geseënd is jy, begenadigde." Interpretasie: "Jy is spesiaal, Maria, want jy glo nog in God se belofte." Die engel ontsluit toe vir haar 'n plan wat waarskynlik 'n leeftyd geneem het om te verstaan. Die uiteinde van die ontmoeting was, dat een van die gerusstellendste waarhede oor God aan 'n meisie wat vir jare die belofte gehoor het van 'n Verlosser wat sou kom, gegee is: "Niks is vir God onmoontlik nie" (Lukas 1:37).



Wanneer ons voel of God uitstel om sy beloftes aan ons na te kom—beloftes om vrede of hoop te bring—herinner elke Kersfees ons opnuut dat geen belofte wat ons hemelse Vader ooit gemaak het, onvervuld sal bly nie. Wanneer God sy beloftes waar maak, mag dit glad nie wees wat jy in gedagte gehad, beplan het of wou hê nie. Jy kan egter vertrou dat dit beter sal wees as wat jy verwag het.



Jeff Johnson

UpStreet

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid