Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 17 VAN 25

"Stil ... As Gevolg van die Lawaai"



Ek is lief vir Kersfeesmusiek. Ek is die ou wat aan die begin van Desember reg is om die Kersfeesalbums herhaalde kere te speel. Gee my maar enige Kersfeesalbum wat jy het! Is dit Elvis? Mariah Carey? Die Beach Boys? Justin Bieber? Druk net die "speel"-knoppie.



Een van my gunsteling liedjies is "Stille Nag." Dit is 'n helder herinnering aan die geboorte toneel van ons Verlosser. Dit herinner ons ook aan die trefkrag wat sy koms vir ewig op die hele skepping gehad het. Dit is 'n loflied van die goeie nuus vir elkeen van ons!



Christus se geboorte was die aanbreek van genade wat uiteindelik die krag gehad het om ons elkeen te verlos. "Stille nag, heilige nag, Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons ..."



Dit is 'n wiegeliedjie. Dit is 'n herinnering dat ons almal "soete hemelse rus" kry, want ons Verlosser het gekom. My vriende, moet julle egter nie misgis nie. Daardie nag was glad nie stil nie! Eerstens was daar 'n huilende, pasgebore baba teenwoordig. Ons weet mos almal dit kan nie stil wees nie. Oorweldigend en luidrugtiger as die huilende baba, was egter die enorme hemelse leërskare wat opgedaag het met lofprysing vir die pasgebore Koning.



Kan jy jou hierdie toneeltjie voorstel? Dit was seker 'n gedoente! Beslis baie hard. Met die koms van die Verlosser van die Wêreld, was dit partytjietyd in die hemel en op aarde. Nooit was daar voorheen sulke goeie nuus vir die mensdom as met die geboorte van Jesus nie.



Gedurende Desembermaand, het ons die geleentheid om oor die grootheid van daardie dag in Betlehem na te dink. Dit was 'n dag van luidrugtige feesviering en lofprysing. Terselfdertyd kan ons vandag in vrede rus, want ons Verlosser het gekom. Jy sien, ons kan slegs vrede en rus geniet as gevolg van die lawaai.



Stuart Makinson

Married Groups

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid