Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 13 VAN 25

"Die Bewegende Wyse Manne"



Aan die begin van elke Kersfeestyd, draai ek my familie-erfstuk met die mees sentimentele waarde oop, 'n klein matglas kershouer met 'n ingewikkelde, hand-geverfde wens aan die binnekant. 'n Kers word daarin geplaas. Dit klink dalk baie vervelig, né? Wanneer dit egter aangesteek word, is dit die mees betowerende besitting wat ek het.



Die pragtige kunswerk op die kershouer, is van drie wyse manne op kamele met 'n helder ster in die lug. Deur die matglas laat die kerslig se vlam die beelde lyk asof dit beweeg. As kind het ek vir ure dopgehou hoe die wyse manne na die ster beweeg, sonder om te besef dit was die flikkering van die kersvlam wat die illusie geskep het.



Elke Oukersaand, wanneer almal in hul beddens toegewikkel is, sit ek stil in die donker en hou die gloed van die bewegende wyse manne in die kershouer voor my dop. Dan besin ek hoe die regte wyse manne voortdurend op die uitkyk was, soekend en altyd nader beweeg het aan die Verlosser van die Wêreld.



Beweeg ons ook nader aan Jesus soos daardie wyse manne? Of beweeg ons in taakgedrewe sirkels? Die wyse manne het 'n pragtige, helder ster gehad om te volg. Ons "GPS" is baie kragtiger: Ons het die Gees wat die onfeilbare baken is om ons na Christus te lei. Om egter nie in doellose sirkels te beweeg nie, moet ons "onsself" afskakel en toelaat dat die vlam van die Gees ons nader aan Jesus laat beweeg.



Die ster het nie die wyse manne in die steek gelaat nie. Dit was heilig, letterlik deur God daar geplaas ter ondersteuning van Miga se profesie oor die geboorteplek van ons Heer. Die Gees van die lewende God sal ons beslis nooit faal nie. Dit sal ons daar aanbring en as ons dit ten volle toelaat, sal dit ons met gejuig daar aanbring!



"Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys..." —Matteus 2:10-11.



Laat die Gees binne jou brand in hierdie seisoen en elkeen hierna. Beweeg voortdurend nader aan die Seun van God, net soos die wyse manne. Ongeag die terrein, as die Gees lei, sal doelwit en blydskap in elke deeltjie van die reis te vinde wees, tot die dag wat ons neerbuig en die Koning van die Konings persoonlik aanbid!



Beth Pettry

Waumba Land

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid