Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 15 VAN 25

"Geleentheid van 'n Leeftyd"



"...Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed"–Johannes 10:10.



Ek het 'n belydenis. Ek is een van daardie vreemde mense wat nie genoeg van die Kersfeestyd kan kry nie, ongeag die tyd van die jaar. Ons het almal maniere om dinge te hanteer. Sommige hou van inkopies. Ander hou van lekkernye. Ek luister graag na Kersmusiek.



Iets van Kersfees laat my altyd glimlag. Wanneer dit dus Kersfees word, gaan ek voluit. Ek ontwikkel amper 'n vrees om iets mis te loop. Ek wil seker maak dat ek die feestyd tot die uiterste ervaar, dus is Desember volgepak van besoeke aan Kersvader, kaartjies na 'n Kersspel, Kersboomuitstappies, vrugtekoek, feesliggieuitstallings, sing van Kersfeesliedjies, kyk na elke moontlike Kersfeesfliek, en te veel partytjies om op te noem. Teen die tyd dat Januarie aanbreek is ek dan stokflou.



Dalk kan jy jou met hierdie gevoel vereenselwig. Al is hierdie dinge nie sleg nie, kan ek maklik die vreugde wat God my probeer wys, te midde van hierdie dinge, uit die oog verloor. Midde in hierdie besige tyd, word ek herinner om nie afwesig te wees nie, om rond te kyk en te besef dat God aan die werk is.



Dit is 'n tyd om te vier wat God in my lewe gedoen het, om na te dink oor die afgelope jaar en God in die klein dingetjies om my raak te sien. Wanneer ek na elke dag deur die lens van geloof, hoop en geleentheid kyk, daag God op en gebruik my op maniere waaraan ek nooit kon dink nie.



Terwyl ek van partytjie tot partytjie hop, besef ek dat ek die geleentheid het om ander te bemoedig, om 'n glimlag te bring aan hulle wat deur moeilike tye gaan en om vrygewig te wees teenoor hulle wat ek nog nooit ontmoet het nie. Dit is hierdie wete wat my hele benadering tot Kersfees verander het. Dit is verstommend hoeveel ek van God sien wanneer ek regtig tyd afstaan om Hom in my lewe te sien werk. In plaas daarvan om 'n lys datums in my dagboek te hou, kyk ek hoeveel geleenthede ek het om meer van God en sy vreugde te ervaar, wat Hy wil hê ek regdeur die jaar moet beleef. In watter areas van jou lewe is God aan die werk? Watter geleenthede gee Hy jou vandag?



Leah Selby

Care Network

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid