Leesplan inligting

Soek in SeweVoorbeeld

Seek in Seven

DAG 2 VAN 7




"Van U sê my hart: 'Soek my aangesig!' Ek soek u aangesig, o Here!" (Psalm 27:8 AFR53).


Ons almal ervaar 'n trekkrag, 'n verlange vanuit ons binneste. Hierdie trekkrag kom uit jou innerlike wese, uit die diepte van jou hart. Dit bestaan as 'n verlengstuk van jou siel. Die hart se verlange is sy manier om iets te vra. In die meeste gevalle vra die hart om gevul te word.


Elke mens word gebore met ʼn behoefte aan liefde; wat dikwels die betekenisvolste versugting van die hart is. Namate ons God eerste stel en dinge rakende God ervaar, leer ons ons harte om te smag na die vervulling wat van Hom af kom. God is liefde — dus, soos wat ons harte voller van Hom word, ontvang dit liefde.


In Psalm 27:8 (AFR53) lees ons van die hart wat na God se aangesig soek. Die hart verstaan dat dit meer van God nodig het. Hetsy jy daarvan bewus is of nie, jou hart het daarna gesmag. Dit is hierdie groter behoefte aan meer van God, wat jou na hierdie leesplan aangetrek het. Terwyl jy die beskrywing van “Soek in Sewe” gelees het of deur die naam aangetrek is, het iets diep binne-in jou jou hierheen geroep. Volg nou daardie roeping.


In jou volgehoue soeke na Hom, sal jy van binne verander namate jou hart gevul word. Dit sal jou hart genees, selfs op gebiede waar jy nie geweet het genesing nodig is nie. Dit sal godvrugtige begeertes in jou wek, wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Sit terug en kyk hoedat God in jou hart werk terwyl jy sy aangesig soek.


Besin vir ʼn oomblik oor wat jou tot hierdie leesplan aangetrek het. Dink aan dinge wat jou hart gebreek het. Besluit vandag om voort te gaan om sy aangesig te soek en Hom te vra om jou hart met méér van Hom en sy genesende krag te vul.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seek in Seven

Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roepin...

More

Ons wil graag Jovita Sheppard bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jovitasheppard.com/about

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid