Leesplan inligting

Soek in SeweVoorbeeld

Seek in Seven

DAG 4 VAN 7




"Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie” (Psalm 34:11 AFR53).


Die jong leeus mag swak en honger word, maar dié wat die Here soek, sal geen gebrek aan die goeie hê nie. Leeus is van die wonderlikste wesens. Hulle is geweldig sterk en behou hulle krag deur die hele dag te rus. Hulle is bo-aan die voedselketting in die natuur, wat beteken dat hulle 'n groot verskeidenheid prooi tot hulle beskikking het en voldoende toegerus is om die prooi te jag. In hul natuurlike habitat het hulle alles wat hulle benodig. In hierdie Skrifgedeelte gebruik Dawid die leeu om 'n beeld te skep. Hy praat van jong leeus en beskryf hulle as swak en honger. Nie die tipiese leeu wat ek ken nie! Kom ons beskou bietjie van naderby dít wat hy wil sê. Hierdie Psalm probeer sê, dat ongeag ons krag, bekwaamheid, of wat ons mag besit — ons nooit die volheid van sy voorsiening sal ervaar nie, tensy ons die Here soek. Hy waarsku dat selfs die leeu swak en honger sal wees. Selfs iets wat oor die nodige strategiese vermoë en toeganklikheid beskik, sal steeds gebrek ervaar waar die strewe na God ontbreek.


Wil jy 'n suksesvolle lewe in God hê? Hierdie soort lewe word slegs van God en met behulp van God verkry. Dit is vir jou beskikbaar wanneer jy Hom sien. Met Hom het jy werklik geen gebrek aan iets goeds nie.


Probeer om deur die loop van jou dag bewus te raak van die gebiede in jou hart waar jy gebrek ervaar. Sê hierdie woorde: "Here, ek soek u teenwoordigheid in my lewe. Vader, help my om U te soek sodat ek geen goeie ding kort nie."


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seek in Seven

Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roepin...

More

Ons wil graag Jovita Sheppard bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jovitasheppard.com/about

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid