Leesplan inligting

Soek in SeweVoorbeeld

Seek in Seven

DAG 3 VAN 7




“As ek jý was, sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê" (Job 5:8).


Een van die grootste lesse wat ek nog ooit geleer het, was dat jy God se hulp nodig het om Hom aanhoudend op te soek. Die waarheid is dat ons 'n teenstander het. Daar bestaan 'n wese wat nie wil hê dat ons moet slaag of in God moet groei nie. Hy stuur afleidings, struikelblokke en strikke om te keer dat ons God soek. Ons kan egter onwrikbaar wees as ons God se hulp soek. Ons moet begryp dat ons Hom NODIG het om enigiets te bereik. Wanneer ons God se hulp soek, gee die Heilige Gees aan ons toegang tot die belofte wat van God af kom.


Hierdie hulp is bonatuurlik en help ons om afleidings te verwag, struikelblokke te oorkom en verby elke uitdaging te beur. As ons sy hulp soek, sal sy teenwoordigheid by ons wees tydens ons toewyding aan Hom; of wanneer ons kniel om te bid. Hy sal ons herinner wanneer ons vergeet en ons aandag rig wanneer dit afgelei word. Die Heilige Gees sal ook vir ons voorspraak doen en ons gebede rig. Weet dat dit God se plan is. Hy begeer om by ons te wees in ons poging om Hom te soek. Hy wil ons help om deurgaans na Hom te soek.


In hierdie Skrifgedeelte (Job 5:8) is 'n man, genaamd Elifas, aan die woord. Hy verklaar dat, net soos jy, hy die Here sal soek. Maar dan sê hy iets anders wat baie belangrik is. Hy sê dat hy sy saak aan die Here sal toevertrou. 'n Ander vertaling sê: "... ek sou na die Here toe gaan en my saak by Hom stel” (DB). Hy besef dat hy sy eie doelwitte, logika en redenasie sal moet laat vaar, in ruil vir God se teenwoordigheid.


Stel alles wat jy vandag wil bereik voor God. Vra Hom vir die Heilige Gees se bonatuurlike hulp om die afleidings in die lewe te verwag, sodat jy konsekwent en toegewyd kan bly.


Skrif

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seek in Seven

Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roepin...

More

Ons wil graag Jovita Sheppard bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jovitasheppard.com/about

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid