Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 1 VAN 8




Gekies vir die Uitdaging

Wanneer jy 'n dambord-speletjie koop sal jy opmerk dat daar op die bokant van elke dambordstuk 'n afbeelding van 'n kroon is. Dis is omdat elke stukkie gemaak is om 'n koning te word.


'n Dambordstuk word gekroon omdat dit suksesvol aan die ander kant van die bord gekom het. Daarna het dit die reg en gesag om op 'n baie hoër vlak te beweeg en te funksioneer as wat dit kon voordat dit gekroon is. Die realiteit is egter dat die meeste individuele stukkies nie suksesvol na die ander kant van die bord sal kom om gekroon te word nie, want die opposisie sal hulle "spring" en hulle "vang". Of 'n stukkie sy doel bereik om as 'n koning gekroon te word, word ten volle bepaal deur die bewegings wat gemaak word deur die hand wat dit beheer.


Toe God mans geskep het, het Hy hulle met 'n kroon geskep omdat elke man gemaak is om onder die gesag van God te regeer. Sedert die eerste man, Adam, het die Satan egter probeer om mans te "spring" om te verhoed dat hulle hul koninkryks-doelwitte vervul. Hy doen baie moeite om ons daarvan te weerhou om in lyn met God te handel sodat ons gesinne, kerke, gemeenskappe en nasie die gevolge en verwarring ervaar van mans wat onafhanklik van God leef. In die spel van die lewe, wanneer dit by geestelike oorlogvoering kom, moet jy op die aanval gaan. Jy sal óf moet "spring", óf jy sal deur die Satan se aanvalle "gespring" word.


Die Satan is vry om rond te swerf, binne perke. God het die Satan aan 'n leiband. Tog sal God dikwels toelaat dat die Satan ons as mans versoek, of 'n oorlog teen ons voer omdat dit in hierdie tye van beproewing is, dat ons ware karakter óf gevorm óf geopenbaar word.


Die krag wat ons nodig het om suksesvol teen die duiwel te veg, word deur God verskaf (Efesiërs 6:10-11). Dit mag voor die hand liggend lyk. Te oordeel egter aan die manier waarop ons hierdie waarheid behandel, moet dit herhaal word.


Baie van ons is geneig om na een van twee uiterstes te beweeg wanneer die duiwel ter sprake kom. Sommige mans sal hom oorskat. Hulle word bang en bedees, sodat die Satan nie op hulle spring nie. Ander onderskat hom. Ja, die duiwel is 'n verslane vyand, maar al is hy niks meer as 'n ter dood veroordeelde wat wag op sy teregstelling nie, is dit geensins raadsaam om saam met hom in sy dodesel te slaap nie.


Die onvermoë om 'n volgehoue geestelike oorlog teen die vyand te voer, het te veel mans in 'n siklus van nederlaag, moedeloosheid, verwarring, rebellie en verslawing gehou, om maar net 'n paar te noem. Gevolglik ervaar ons die geestelike, sosiale, rasse- en politieke chaos wat deel is van ons daaglikse bestaan.


As en wanneer ons as God se koninkryk-mans besluit om op te staan om ons roeping te vervul, sal ons sien hoe God ons harte, gesinne, kerke en land genees. Ons sal oorwinning oor die duiwel en sy planne sien. Sodra ons leer hoe om ons eie gevegte te voer om ons eie krone te kan dra, kan ons dan deur God gebruik word om die volgende geslag ook met koninkryks-waardes te kroon. Ons is deur God gekies vir hierdie uitdaging.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid