Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 7 VAN 8




Bevordering van die Toekoms

Dikwels word die woord “nalatenskap” gebruik wanneer iemand praat oor sport, atlete, besigheidsmense, werknemers, vrywilligers, mentors, afrigters, vriende en meer, want dit gaan alles daaroor om die DNS van uitnemendheid oor te dra. Hierdie beginsels is ook op ons almal, in die liggaam van Jesus Christus, van toepassing. Nalatenskap behels jou impak op ander. Dis die geestelike DNS wat jy oordra.


Die vraag wat elkeen van ons moet vra is: Wat gaan my nalatenskap wees?


Elke mens is ‘n beelddraer. Om as God se beeld geskep te wees, beteken dat elke mens soos God is op maniere waarop ander geskape wesens nie is nie. Ons het siele en die vermoë om te redeneer en in verhoudings te wees. Ons is kreatief en hardwerkend, soos God.


Adam het die tuin verlaat, maar elke koninkryk het dieselfde opdrag as Adam — om die wêreld te vul met mense wat God ken en liefhet — om die geestelike erfenis van 'n omvattende, teïstiese wêreldbeskouing oor te dra.


Daar is twee oorheersende denkrigtings in hierdie wêreld: humanisme en teïsme. Humanisme fokus op wat die mensdom wil hê, dink en bepaal. Om volgens humanisme te funksioneer is soos om 'n sonbril op te sit wat gefiltreer is om die eie ek se wêreldbeskouing te openbaar. Daarteenoor, filtreer teïsme alles deur die lens van God se Goddelike perspektief.


As koninkryk-mans is ons geskep en geroep om 'n teïstiese standpunt oor te dra aan diegene binne ons invloedsfeer. Op hierdie manier gee ons die DNS van die verbond oor wat in die skeppings-mandaat opgeteken is in Genesis 1:28.


Adam het nie die opdrag gekry om die aarde te vul met 'n opeenhoping van toekennings, prestasies en materiële rykdom nie. God het Adam geroep om die aarde te vul met God se beeld. 'n Goddelike erfenis gaan nie oor 'n huis, klere, motors, roem of geld nie. Goddelike erfenisse begin met die oordrag van geloof. Dit maak nie saak hoeveel geld 'n man het as hy nie die grondslag van 'n vaste geloof het nie. Sonder Bybelse waardes sal dit alles ineenstort wanneer die storms van die lewe inbeweeg.


Baie van ons weet ons moet passievol leef vir die koninkryk van God, maar is nie presies seker wat dit beteken nie. Gelukkig, toe Jesus gekom het om die gebooie te vervul, het Hy vir ons een samevattende gebod gegee in die plek van almal in Matteus 22:35-40. Dit is wat dit beteken om God te volg. Om die toekoms te bevorder beteken om hierdie gebod te gehoorsaam en ander op te lei om dieselfde te doen.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid