Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 3 VAN 8




Staan Op

Het jy al ooit 'n verjaarsdag kaartjie gekry en dit vinnig oopgemaak net om te kyk wat daar binne is — sonder om dit eers te lees? Jy het dit gedoen omdat jy wou sien of die persoon wat die kaartjie vir jou gestuur het vir jou geldnote daarin gesit het, of dalk 'n geskenkbewys? Indien jy eerlik was met jouself sal jy erken dat jy nie regtig veel omgegee het oor die kaartjie nie. Net wat dalk binne-in kon gewees het!


Ek en jy weet al te goed hoe teleurstellend dit is om 'n verjaarsdag kaartjie te kry wat niks in het nie. Wel, jy kan vir jouself indink hoe teleurgesteld die lam man in Handelinge 3 was toe Petrus hom meedeel dat hy nie vir hom geld het nie, veral nadat hulle gestop het as gevolg van die man se gebedelry. Wanneer jy stop, beteken dit gewoonlik dat jy iets gaan doen.


Somtyds is vertragings goed vir ons. God het ‘n gewoonte om sy voorsiening en ingryping in ons lewens terug te hou vir ‘n groter doel. Een van die redes is dat Hy eers ons volle aandag wil hê.


Die lam man van Handelinge 3 is elke dag na die tempelpoort geneem (vers 2). Alhoewel dit ‘n area was wat hewige voetverkeer gehad het, was hy heel waarskynlik geïgnoreer. Toe Petrus en Johannes by die lam man verbyloop het Petrus vir hom gesê: “Kyk na ons.” (vers 4). As dit dus vir Petrus nodig was om vir die lam man te sê om na hulle te kyk, beteken dit dat die man nie eens in hulle rigting gekyk het nie. Dit help ons om die lam man beter te verstaan. Petrus het hierdie man se onverdeelde aandag nodig gehad. Hy wou hê hy moes fokus. Hy wou hê hy moes luister. As hierdie man werklik 'n oplossing vir sy probleem wou hê, sou hy noukeurig aandag aan Petrus moes gee. Hy moes deel wees van die oplossing.


Genesing en bemagtiging is nie 'n eenrigting-geskenk deur die aanraking van 'n towerstaf nie. Ware genesing vereis jou begeerte, verantwoordelikheid en fokus. Daarom sou Jesus dikwels die vraag vra: "Wil jy gesond word?" Hy het nie net rondgeloop en mense aangeraak en genesing en gesondheid aan wie ook al naby was, geskenk nie. Hou in gedagte dat skares mense om Jesus saamgedrom het waar Hy ook al gegaan het. Mense het tou gestaan. Dit was onafwendbaar dat daar mense was wat nie genesing van hulle siektes gekry het nie. Jesus sou eerder vra of die persoon gewillig was om heelgemaak te word. Genesing en heelmaking kom deur 'n proses van geloof en deur 'n begeerte om gesond gemaak te word.


Wanneer God dié dele van ons herstel wat deur sonde beskadig is of deur persoonlike verwaarlosing of ander skade beseer is, wil Hy ons samewerking in die proses hê. Daarsonder kan vordering oor die langtermyn nie plaasvind nie.


Net soos dit vir 'n man amper onmoontlik is om swaar gewigte in 'n gimnasium op te tel sonder bystand en aanmoediging, is geestelike groei ook nie moontlik in afsondering nie. Ons is almal deel van 'n gemeenskaplike stelsel wat met God en ander meewerk in ons genesing en geestelike ontwikkeling. Ons bereidwilligheid om die lewe meer intiem met ander en ook meer nederig voor God te ervaar, sal bepalend wees in hoeveel lamheid ons gaan oorkom, beide individueel en as 'n groep.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid