Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 4 VAN 8





Begin Beweeg

Ons moenie van God verwag om iets deur ons in ons gemeenskap of binnekring te doen as ons nie gewillig is om eers ons eie huise in orde te kry nie.


Die bevryding van die volk van Israel uit die mag van die Midianiete het begin met een man wat die wêreld ‘n beter plek wou maak. Dit het begin met Gideon in sy eie huis. Voordat Gideon die vyand tegemoet kon gaan, moes hy eers sy gesin se afgode vernietig. God het Gideon opgehef vir ‘n groot oorwinning maar hy moes eers sy geloof bewys. Voordat die Here Gideon se werk sou seën, het Hy hom gevra om gehoorsaam te wees aan dit wat om hom was.


Getrouheid met wat wat jy nou het en waar jy is, is altyd die eerste stap in hoe jy in die koninkryk van God gebruik gaan word. Ons sien dit nie net by Gideon nie, maar regdeur die Bybel en ook in ons eie lewens. Ons verwag van God om dinge te doen in ons lewens maar ons doen niks van ons kant af nie. Ons staan stil op een plek en wag vir die regte tyd terwyl God reeds vir ons alles gegee het het wat ons nodig het.


God wil hê jy moet Hom volg net waar jy jouself op die oomblik in jou lewe bevind. Hy wil hê jy moet nou getrou wees — hetsy dit met jou gesin en vriende is of selfs in jou gemeenskap en kerk. Moenie jou tyd mors op idees van grootsheid as jy nie bereid is om te beweeg waar God jou geplaas het nie. Om te wag vir “die regte tyd” kan ‘n afgod wees nes enigiets anders.


Ons beleef ons grootste geestelike suksesse wanneer ons bereid is om ons eie planne, doeleindes en strategieë prys te gee en onsself volkome toe te wy aan God en sy weg. God stel nie belang in verdeelde harte nie. Hy wil jou onverdeelde aandag, toewyding en gehoorsaamheid hê. Hy wil hê jy moet opstaan en vorentoe beweeg na die roeping en bestemming wat Hy vir jou geskep het om uit te leef.


Die lewe gaan nie daaroor om te sit en wag vir die regte tyd nie. Ons moet ook nie staan en wag vir ander mense om op te staan en ‘n verskil te maak nie. Jy moet jou stem, jou optrede en jou lewe gebruik om God se koninkryks-agenda op aarde te bevorder. As en wanneer genoeg koninkryk-mans kies om op te staan vir wat reg en regverdig is in hierdie wêreld, gaan die vyand gedwing word om terug te staan. Ons kan egter eers opstaan wanneer ons bereid is om afstand te doen van die planne en die afgode wat ons te lank in slawerny gehou het. God het ons alles gegee wat ons nodig het om te begin beweeg. Ons moet net die eerste stap neem op die weg wat Hy voor ons gelê het.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid