Leesplan inligting

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan Voorbeeld

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

DAG 2 VAN 8




Dooie Bene kan Weer Dans

’n Klompie jare gelede kry ek ‘n oproep van ‘n vriend wat sonder hoop is. Sy lewe het ‘n slegte wending geneem en hy het nie ‘n uitkoms gesien nie. Ek het probeer om hom te oortuig dat niks vir God onmoontlik is nie en dat hy op Jesus gefokus moet bly. Maar hoe verder ons gesprek gevorder het, het ek besef hy het reeds moed verloor. Die volgende dag het ek die nuus gekry dat my vriend sy eie lewe geneem het.


Dit was nie die eerste selfdood waarmee ek te doen gekry het nie, maar dit het my besonder hard getref. Ek het gewonder of daar iets is wat ek anders kon gesê het wat sou verhoed het dat hy sy eie lewe neem. Die gewig van sy woorde en die moegheid in sy stem het my nog lank daarna bygebly. Wanhoop is ‘n verskriklike ding. Dit beteken jy het vir die toekoms moed verloor. Jy het tou opgegooi. Daar is te veel mans wat vandag in wanhoop lewe.


Jy sien hierdie wanhoop in mans wat hulle rug keer op die verantwoordelikheid wat hulle teenoor hulle gesinne, gemeenskappe of hulle kerk het. Jy sien hierdie wanhoop in mans wat nie meer glo dat God die verloop van geskiedenis bepaal nie. Hierdie wanhoop kry gestalte in ‘n kultuur waar konflik en verdeeldheid hoogty vier. Jy kan wonder “Hoekom?” Hoekom het God toegelaat dat dit so sleg raak? Ek het agtergekom dat God partykeer toelaat dat die lewe so sleg word dat jy nog net boontoe kan kyk en iets sien. In Esegiël sien ons God se oordeel oor ‘n volk wat onrein is en afgodery beoefen het.


In die tyd van Esegiël, en ook in ons dag, was en is die wêreld vol afgode. Eenvoudig gestel is afgodery ‘n intieme verhouding met ‘n beeld. Dit beteken nie noodwendig dat jy gaan buig voor ‘n houtbeeld — of enige ander beeld wat op ‘n voetstuk staan nie. ’n Afgod is enigiets wat God se regmatige heerskappy in jou lewe toe-eien. Afgode kan baie verskillende vorms aanneem. Dit kan selfs in die kerk gesien word. Afgodery fokus op ingesteldheid — jou gedagtes, woorde en dade sal ‘n weerspieëling wees van dit waaraan jy die meeste waarde heg.


Om vas te klou aan jou afgod is om die getrouheid van God te versaak. Wanneer ons na afgodery neig, verloor ons fokus van God se liefde en krag. Die teenoorgestelde is egter ook waar. Wanneer ons, ons afgode versaak, is ons meer ingestel op God se genade, getrouheid, krag en liefde in ons lewens. Wanneer ons wegdraai van ons afgode en God se wil in ons lewens aanvaar, gaan sy liefde en krag in ons sigbaar word. God het dit duidelik gemaak deur sy Woord hoe ons sy liefde en krag in ons eie lewens sigbaar kan maak.


God het ons die vermoë gegee om die afgode wat van ons besit neem, te verwyder. Deur sy Heilige Gees het Hy vir ons nuwe lewe gegee wat ons help om ons afgode te herken en hulle af te sweer. Gebed en selfondersoek gee vir ons die gereedskap om ons afgode met wortel en tak uit ons lewens weg te gooi.


Deur gebed kommunikeer ons direk met God. Wanneer ons God vir iets vra, begin Hy om ons denke en die ingesteldheid van ons harte te lei. Ons hoor Hom en nooi Hom uit om dit wat uit die wêreld in ons is, dood te maak. Kom ons trek voordeel uit God se almag en sy manier om die afgode in ons lewens te hanteer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Men Rising: An 8-Day Reading Plan

Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal ...

More

Ons wil LifeWay Adults bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/kingdommenrising

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid