Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 1 VAN 10

Vuur


Die eerste dag van die Lydenstyd is in baie tradisies bekend as Aswoensdag. As is die nagevolg van vuur — die oorblyfsel wanneer iets uitgebrand het.


Deel van die geestelike reis is om te leer om te laat gaan; om afstand te doen van dít wat die wêreld op ons gelaai het, sodat ons meer ruimte kan skep vir die oorvloed van God. Laat ons dus nou, aan die begin van die Lydenstyd, dink oor dié dinge wat dit nou hoogtyd is om uit ons lewens weg te brand — sodat ons kan plek maak vir die oorvloed van God se werking in ons lewens (Johannes 10:10):


• Negatiewe gedagtes oor onsself. "Ek is nie genoeg nie", byvoorbeeld. Jy is meer as genoeg vir God.


• Bitterheid en onvergewinsgesindheid. Dit benadeel net jouself, niemand anders nie.


• Daardie "iets" waarvoor jy wag wat jou kwansuis vervuld sal maak. "As ek maar net daardie werk/daardie huis/daardie persoon, ensovoorts kon hê". Dit sal jou nie vervul nie, jy is alreeds vervuld.


• Materiële besittings. Hulle kan meulstene om ons nekke word. Dit is bevrydend om te besef dat alles aan God behoort.


• Selfgesentreerdheid. Die samelewing het dringend nodig om te beweeg van "my" na "ons" en van "ek" na "ons almal".


Maak 'n lys van 'n paar van die dinge wat jy graag gedurende hierdie Lydenstyd uit jou lewe wil verwyder. Wy hierdie lys aan God toe; jy mag dalk hierdie gebed wil gebruik as 'n riglyn:


Liewe Vader, ek gee die volgende [noem dit by die naam] aan U oor en ek lê dit aan die voete van die kruis. Help my om sonder hierdie dinge die toekoms te betree. Lei my, vertroos my en vul die leemte wat hierdie dinge laat, sodat ek nader aan U kan wees. Amen.


Deur Gideon Heugh


Gideon skryf vir "Tearfund" en is 'n digter en omgewingskenner.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid