Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 7 VAN 10

Die betekenis van geregtigheid


Hoe sal 'n Christelike gemeenskap régtig lyk?


Sal dit 'n gemeenskap wees waarin almal kerk toe gaan? Een waarin almal van ons elke dag die Bybel lees? Een waarin lofliedere bo-aan die trefferlyste is?


As ons die Woord van God navolg, sal 'n Christelike gemeenskap een wees waar daar geen ongelykheid is nie. 'n Gemeenskap waarin mense met vriendelikheid en deernis na mekaar sal omsien. Christenskap behels meer as kerkgetalle — dit gaan oor geregtigheid. Om God se koninkryk uit te brei, beteken om diegene op te tel wat neergefel is. As ons dít nie doen nie, dan mis ons die hele punt. Beide die Ou en Nuwe Testamente is baie duidelik hieroor. Ons lees byvoorbeeld in Jesaja:


"Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees" (Jesaja 1:17).


Vroeër in vandag se Skrifgedeelte verwerp God die aanbidding van sy volk. God haat dit. Waarom? Omdat daar ongeregtigheid in die land heers. Omdat die hulpkrete van die uitgeworpenes geïgnoreer word. Omdat sy volk nie omsien na dié wat in nood verkeer nie.


Sou God vandag óns aanbidding wou aanvaar? Dit is 'n uitdagende vraag — maar een wat beslis gevra moet word.


Gebed:


God van geregtigheid, betoon genade aan u kerk. Ons wy ons opnuut toe aan u wil — dié wil wat geregtigheid najaag en die onderdruktes verdedig. Amen.


Deur Dr. Ruth Valerio


Ruth is 'n skrywer en teoloog en is "Tearfund" se Direkteur van Wêreldwye Voorspraak en Invloed.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid