Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 2 VAN 10

Om my Skepper te ontmoet


In 'n wêreld waar ons ons foto's kan dokter, blink gepoleerde beelde van ons lewens met ander kan deel en net ons beste voetjie vir die wêreld kan voorsit, herinner hierdie teksvers my dat ons nie vir ons alomteenwoordige Skepper kan wegkruip nie. Dit kan in der waarheid 'n vreesaanjaende en ongemaklike gewaarwording wees.


Hierdie vers hou egter ook 'n bevrydende waarheid in: God ken elke hoekie van ons harte en ons menswees — selfs die donker, diep dele wat ons eerder in skaamte verborge wil hou. Hy ken ons intiem en tóg vind Hy 'n diepe vreugde in my — en in jou!


Aangesien ons so sorgvuldig en doelbewus geskep is, het elkeen van ons, foute en al, 'n waardevolle rol om te speel in die uitbou van sy koninkryk. Elke taak — groot of klein, openbaar of verborge, of selfs onbeduidend — dra uiteindelik by tot 'n baie groter doelwit, waarvan ook jy 'n deel is.


Gebed:


Liefdevolle Vader, dankie vir hierdie wonderbaarlike waarheid. Help my om my hele wese daaraan te wy, sodat alles wat ek doen daaruit kan voortvloei. Amen.


Deur Jade Beakhouse


Jade werk in "Tearfund" se Euro-Asië en Noord-Afrika Span en is gebaseer in die Midde-Ooste


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid