Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 9 VAN 10

Beweeg aan


Die seisoene wat deur God geskep is, kan ons help om ons eie lewensiklusse beter te verstaan. Die tye wanneer ons nodig het om te rou, te verwerk, of vir God aan te roep. Ook wanneer ons nodig het om aan te beweeg.


Die oorgang is nie maklik nie. Heilige Week herinner ons dat dit nie vir Jesus maklik was om aan te beweeg nie. Hy het pynlike ure in Getsemane op sy knieë in gebed deurgebring. Bloed en sweet en trane. Die onmiddellike toekoms het ook nie rooskleurig gelyk nie.


Dit kom neer op oorgawe. Ons moet onsself telkens daaraan herinner dat God goed is en dat God liefde is — dit is waarom ons 'n geloofsprong kan neem en Hom vertrou. Daar was pyn aan die kruis, maar die klip is weggerol.


Gebed:


Noem dít op waaraan jy vasklou, maar wat jou terughou — dalk wil jy terug verwys na die lys wat jy op dag een gemaak het. Vra die Heilige Gees om jou te help as jy onseker is. Skryf dit neer en bring dit na die kruis namate die gebeure van die Heilige Week ontvou. Gee dit oor aan God en wy jouself daaraan toe om vooruit te beweeg, na die belofte wat Hy vir jou het.


Deur Rachael Adams


Rachael is die redakteur van "Tearfund" se weeklikse gebed e-pos; Een Stem in Gebed.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid