Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 6 VAN 10

Gewonde genesers


Dit is maklik om agteroor te sit en die lewens van ander te ondersoek. Terwyl ons slukkies vat uit die beker van vergelyking en oordeel, kan ons nogal selfvoldaan raak.


As ons egter ons eie lewens in alle eerlikheid ondersoek, maak ons plek vir Christus om ons wonde te versorg, wat ons in liefde na ánder lei. Wanneer die Gees van Christus, wat altyd op ander fokus, Homself in ons lewens kom tuismaak, is dit óns wat begin fokus op ander.


Swaarkry kan ons óf hard óf nederig maak. As ons seerkry ons harte versag en ons nederigheid toelaat om sy verloop te neem, sal dit daartoe lei dat ons die voete was van ander wat in pyn verkeer. Soos Christus, sal ons wonde dalk nooit verdwyn nie, maar hulle kan ons omvorm sodat ons, in plaas van op onsself te fokus, swaarkry saam met ander wat swaarkry.


Dikwels glo ons dat die gebroke dele van ons eie verhale ons daarvan weerhou om ander te dien, maar in der waarheid kan ons wonde en gebrokenheid gesien word as 'n gawe en 'n gids wat ons op die pad van nederigheid hou, sodat ons nader aan ander kan beweeg.


Gebed:


Liewe Vader, mag ons medelye hê soos wat Jesus gehad het; pyn in die diepste van ons wese aanvoel; mag ons af- en uitstrek totdat ons lewens die kruis van Christus weerspieël. Medelye hervorm 'n lewe na die kruis. Hervorm ons ook so. Breek ons, sodat ons goeie nuus kan verkondig aan die gebrokenes. Amen.


Deur Stuart Bothwell


Stuart is 'n mede-leier in die "Lagan Valley Vineyard Church" in Noord Ierland.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid