Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 3 VAN 10

As sy beeld


Hierdie is 'n vers wat baie van ons so goed ken dat ons soms vergeet om stil te staan om die merkwaardige krag, skoonheid en betekenis daarvan te waardeer. Ons is geskep as die beeld van die einste God wat sterre in hul plekke geplaas het, betekenis uit chaos geskep het en aan die mensdom 'n lotsbestemming besorg het.


Talm 'n rukkie, en asem dit in. Die beeld van ons Here is diep in die wese van die mensdom ingeweef.


In hierdie kort versie is daar 'n oproep vervat aan ons identiteit as beelddraers van die Koning, asook 'n oproep om aktief op die uitkyk te wees vir die beeld van die Koning in ander.


Hierdie is 'n wêreld-veranderende waarheid. Hoe anders sou dinge nie wees as ons verby die hoofopskrifte kon kyk na die beeld van God nie? Die klimaatskrisis, hedendaagse slawerny, die verwoesting van die omgewing ... Ek waag om te glo dat as ons, die mensdom, hierdie vers waarlik uitleef, daar geen armoede meer sal wees nie. Ongeregtigheid sal geen plek meer hê in ons wêreld nie.


Laat ons dus vandag pro-aktief kyk en die beeld van God vind in onsself en in ander.


Gebed:


Skeppergod, ons staan stil in verwondering. Dankie dat ons as u beeld geweef is. Help ons, Here, om dit daagliks in onsself en in ander raak te sien. Mag ons ánders leef in die lig van hierdie waarheid. Amen.


Deur Dot Tyler


Dot lei "Tearfund" se werk onder jongmense regoor die Verenigde Koninkryk.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid