Leesplan inligting

Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

One: Lent Devotional

DAG 5 VAN 10

Die alledaagse Goddelike


Reeds vanaf die eerste hoofstukke in Markus se evangelie is een ding duidelik: wanneer mense met Jesus in aanraking gekom het, het hul lewens verandering ondergaan.


Dit behoort ook nie 'n verrassing te wees nie — Hy is immers die Goddelike wat by ons kom woning maak het. Terwyl ek egter oor Jesus gelees het, het 'n ander gedagte by my opgekom. Sy Goddelikheid is asemrowend, maar sy menslikheid is ook pragtig. Hy gee om, Hy het lief en Hy betoon genade aan diegene wat die samelewing as ongewens beskou.


Terwyl ons ons dus verwonder aan Jesus, die Seun van God, laat ons ons ook verwonder aan sy menslikheid en toelaat dat dit ons inspireer om ons te skaar by ons broers en susters wat in armoede leef en deur die samelewing eenkant gestoot is. Om die mensdom lief te hê, is deesdae 'n drastiese stap. Laat mense verstom staan wanneer hulle sien hoe jy jou nabye en jou wêreldwye naaste liefhet en dien, sodat hulle sal vra: "Wat gaan hier aan? Dit is 'n nuwe leer, en dit kom met gesag!" (Markus 1:27).


Gebed:


Dankie, Jesus, dat U beide God en mens is. Help my om my plaaslike en veraf naaste te dien en lief te hê. Gee dat ons regerings beleidstellings daar sal stel wat aan die uitgeworpenes guns en genade sal betoon. Amen.


Deur Cynan Llwyd


Cynan lei "Tearfund" Cymru (Wallis).


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

One: Lent Devotional

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenhei...

More

Ons wil graag vir Tearfund.org bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.tearfund.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid