Leesplan inligting

Wees Veilig by GodVoorbeeld

Wees Veilig by God

DAG 7 VAN 7

Jy is vrygespreek

In Die Boodskap lees Romeine 5:1 só: "En dit alles is aan ons Here Jesus Christus te danke. ... ons is nou in 'n splinternuwe verhouding met God ... ons lewe in sy goedheid ... ons is baie bly en opgewonde ... want God se nuwe wêreld wag op ons. Daar sal ons sy heerlikheid sien."

Oordenking

As jy nie verstaan dat God jou vrygespreek het nie, probeer jy alles in jou vermoë om God tevrede te hou sodat jy in die hemel kan kom. Maar, God het klaar alles gedoen om jou in die hemel te kry. Al wat jy moet doen, is om dit te aanvaar. Jou rekord is skoon.

Paulus se woord vrygespreek of geregverdig is ’n regsterm wat uit die destydse hof prosedure oorgeneem is. Paulus gebruik dit hier om te sê elke mens sal voor die regterstoel van God verskyn. En só sal die hof verrigtinge verloop …

In die regterstoel sit God die Vader. In die beskuldigdebank staan ons. As advokaat vir die verdediging tree Jesus op en in die getuiebank staan die Heilige Gees. Daar is geen aanklaer nie. (Die duiwel word verkeerdelik in hierdie rol geplaas, maar in hierdie hofsaak is daar nie plek vir leuens nie, nog minder vir die vader van leuens.)

Ons advokaat, Jesus, kom aan die woord: “Vader, die aangeklaagde is wel skuldig aan alles waarvan hy/sy aangekla word. Maar Ek het in sy/haar plek gesterf en sal getuienis inroep wat sal bewys dat hy/sy glo.” Dan word die getuie na vore geroep – die Heilige Gees. En sy getuienis is kort en kragtig: “Ek ken die getuie baie goed en getuig dat hy/sy ’n kind van God is. Ek getuig verder dat Ek onderneem om hom/haar altyd in alles by te staan en oral saam met hom/haar te gaan.” Daarna kom die Regter, God die Vader, tot ’n vinnige besluit: “Ek spreek die aangeklaagde vry. Niks sal ooit weer My besluit kan verander nie. Jy is vry.”

Dít is hoekom die geskenk wat opgesluit lê in die woorde “jy is vrygespreek” ons met soveel troos vul. Vir die res van jou lewe is jý ’n vry mens.

Goeie genade, jy is regtig spesiaal!

Word stil

In u hande gee ek my lewe oor,
want, Here, troue God, U het my vrygemaak.
Dankie dat ek in U vrygespreek is.
Vry. Nuut.
Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Amen

GRATIS HOOFSTUKKE

Hierdie groeiplan is 'n verwerking van gedeeltes uit Goeie genade, jy is spesiaal! van Ewald van Rensburg. Laai gratis hoofstukke van die boek hier af: https://eshop.bybelmedia.org.za/youversion/. Ons hoop dit sal jou inspireer op jou gel oofsreis. Kontak ons gerus by info@bmedia.co.za.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wees Veilig by God

Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. H...

More

Ons wil graag vir Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid