Leesplan inligting

Wees Veilig by GodVoorbeeld

Wees Veilig by God

DAG 2 VAN 7

Jy is ’n nuwe mens

In Die Boodskap lees vers 17 só: “Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!”

Oordenking

Die geboorte van ’n baba gebeur relatief vinnig. Ná nege maande skenk ’n ma aan ’n kind geboorte, maar om in Christus (’n nuwe mens) te word, kos jare – lewenslank. En dis harde werk! Die Heilige Gees vra alles van my en jou, maar dit is die moeite werd. Dit is nie soseer iets wat jý doen nie, maar eerder iets wat met jou gebeur. Dis ’n "Gees-ding": Hý gee aan jou die krag, Hý laat dinge met jou gebeur.

Die Griekse woord wat Paulus gebruik om hierdie "nuut" te beskryf is kainos. Dit beteken iets wat nog nooit daar was nie, iets verrassend anders en ongehoord, ja, iets wat net God kan doen.

Soos elke baba wat gebore word uniek en verrassend anders is, net so is elke mens wat deur God nuut gemaak word, ook uniek en verrassend anders. Die nuwe staan radikaal teenoor die oue, so radikaal soos lig teenoor donkerte.

’n Nuwe mens is iemand wat uiteindelik word soos God bedoel het hy of sy sal wees. ’n Nuwe mens is om jou ware self te wees. ’n Nuwe mens kyk minder na die verlede en sê minder: “Ek is jammer,” maar kyk eerder oopmond na die toekoms en sê: “Goeie genade!”

Waar ook al Jesus is en dié wat in Hom glo, word ons nuwe mense. Heeltemal herskep. Daarom tree ons totaal anders op – soos Christus – presies soos dit van nuwe mense verwag word.

Mag jy weet dat jy ín Christus ’n nuwe mens is.

Word stil

Here my God
U het my nuut gemaak en skoon gewas.
Ek is saam met Christus gekruisig en die oue is verby.
Jesus is nou in my en ek in Hom.
Ek is weergebore, ek is nuut. Splinternuut.
Prys U!

Amen

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wees Veilig by God

Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. H...

More

Ons wil graag vir Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid