Leesplan inligting

Wees Veilig by GodVoorbeeld

Wees Veilig by God

DAG 5 VAN 7

Jy is tot alles in staat

Die Boodskap se weergawe van hierdie vers lees: “Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.”

Oordenking

“Ek is tot alles in staat” (Fil. 4:13). Hierdie woorde stel jou in staat om soos Paulus altyd te weet dat geen omstandighede ooit te veel vir God is nie. Daarom kan geen omstandighede ooit die oorhand oor jou kry nie. Hoekom nie? Want jy as Christen het twee soorte krag:

Eerstens, ons ontvang krag vir die alledaagse situasies, sê Paulus. "Ek is tot alles in staat …" Dit is die krag van oorwinning oor die aansprake van die alledaagse lewe. Tweedens, is dit duidelik dat so ’n krag beslis van ’n ander Bron af kom: "deur Hom wat my krag gee". Dit is God wat ons met dinamiet laai sodat ons ons weg uit enige situasie kan oop skiet.

Die geheim vir die verstaan van die woord alles is egter die woord in. Jy is net in staat wanneer jy in Hom is wat aan jou die krag gee. Wat beteken dit? Net soos kuikens na die hen toe hardloop en onder haar vlerke gaan skuil wanneer hulle bang is, net so is ons in Christus wanneer ons na Hom hardloop, wanneer ons naby aan Hom bly. Daardeur sê ons ons is totaal afhanklik van Hom.

Wanneer jy in Christus is, is jy in staat om alles te doen. Niks behoort jou onder te kry nie. Want jy weet niks is vir God onmoontlik nie. Daarom ken Christene nie woorde soos “kan nie” nie. “Kan nie” impliseer ten diepste ’n gebrek aan vertroue in God. “Kan nie” is in 33 nC. deur Jesus Christus vir ewig oorwin.

Daarom is daar ’n laaste gedagte waaroor jy kan dink. Paulus se brief aan die Filippense, wat (terloops) geskryf is terwyl hy in die tronk was, loop oor daarvan: vreugde. In God kan ons vreugde beleef. In oorvloed.

Ons ís tot alles in staat is deur Hom, die Bron van die lewe, wat aan ons die krag gee.

Word stil

Liefdevolle, kragtige God, in wie se Naam alle krag lê
U is goed.
Dankie dat U aan my krag gee.
Dankie dat U voorsien.
Dankie dat U my gebruik.
Dankie dat ek tot alles in staat is
omdat U in my leef en ek in U.

Amen

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wees Veilig by God

Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. H...

More

Ons wil graag vir Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid