Leesplan inligting

Wees Veilig by GodVoorbeeld

Wees Veilig by God

DAG 6 VAN 7

Jy is ’n "hoop-timis"

Die Boodskap gee vers 13 só weer: “Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde!”

Oordenking

Danté het gesê die inskripsie bokant die poort na die hel lui: “Elkeen wat hier ingaan, laat vaar alle hoop.” Ja, om sonder hoop te wees, is hel.

Dit laat ’n mens dink, nè? Die probleem lê nie by situasies nie, maar by mense. Daarom is dit nodig om weer na die Christelike hoop te kyk sodat ons kan bely. Nie “waar daar lewe is, is daar hoop” nie, maar “waar daar hoop is, is daar lewe”!

’n Dogtertjie het naby aan ’n begraafplaas gebly en soms in donkerte daardeur geloop. Toe iemand haar vra: “Is jy nie bang nie?” het sy geantwoord: “O nee, my huis is net aan die ander kant.” Dis wat hoop is: Mense op pad na hulle Pa se huis, is nie bang nie.

Hoop is ’n deur. In Openbaring 3:8 bevestig God dit. ’n Deur wat Hy oopgesluit het, bly oop. Dit impliseer dat God in elke skynbare doodloop situasie in ons lewe ’n deur van hoop sál oopmaak.

Hoop is ’n helm. In 1 Tessalonisense 5:8 verduidelik dat ons elkeen hoop op verlossing as helm dra. Ons kan daarvan seker wees dat ons toekoms in God se hande is, en die helm van hoop is daar om ons in enige situasie te beskerm.

Hoop is ’n anker. Hebreërs 6:19 vertel dat ons ’n veilige en onbeweeglike lewensanker het. Hierdie prentjie wil vir ons sê dat geen storm ons kan wegruk uit die hawe van God se liefde nie, want daar is ’n anker! Jesus het hierdie anker vasgemaak aan die troon van God. Laat iemand maar probeer! Dis onmoontlik om hierdie anker los te maak.

Daar is ’n toekoms in hoop – God se toekoms. Dit is ’n seker toekoms. Augustinus het daarom geglo, en nie sonder rede nie, dat hoop die beste van die drie deugde is. Geloof vertel dat God bestaan. Liefde vertel ons dat God goed is. Maar hoop vertel ons dat God doen wat Hy belowe het.

"Hooptimiste" weet altyd dinge eindig nie hier nie, daarom dink hulle elke dag aan die hemel.

Goeie genade, jy is spesiaal! Want jy is ’n "hooptimis".

Word stil

God van lewe en vreugde en vrede
van hoop en drome,
dankie dat ek hoop in U kan hê
en my hele lewe net in u hande kan plaas.
Dankie dat ek kan wéét U sal my nooit verlaat nie.
Daarom het ek hoop en leef ek in u hoop.

Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wees Veilig by God

Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. H...

More

Ons wil graag vir Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid