Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 8 VAN 8

Hoe kan ek die vlam van vreugde weer in my lewe aansteek?


Hoe kan ek die vlam van vreugde weer in my lewe aansteek as my vreugde geblus is?


1. Erken jy het jou vreugde verloor.


2. Bepaal wie of wat veroorsaak dat jy jou vreugde verloor het.


3. Besef dat God die bron van jou vreugde is.


Onthou dat vreugde nie die afwesigheid van lyding is nie, maar die teenwoordigheid van God.


4. Onthou jou vreugde hang nie af van jou omstandighede nie – maar wie jy in die Here is.


5. Wees jammer, hê berou en vra die Here om jou vreugde weer te herstel. 


Onthou dat vreugde dit is wat jy ervaar wanneer jy onthou hoe goed dit eintlik met jou gaan. 


6. Staan tyd af in die teenwoordigheid van die Here. Dit is die plek waar jou krag vernuwe word; waar jy kans kry om jou hart met Hom te deel; waar Hy jou trane afvee en die versugtinge hoor wat nog skaars gedagtes in jou kop is. Jy kan weet Hy ken jou hart. Mag dit genoeg wees vir jou. 


Gebed


“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak” Psalm 139:23. Kyk asseblief Here wat veroorsaak het dat ek my vreugde verloor en help my om dit weer terug te vind. Help my om te besef: In U is vreugde, vrede en vreugde, Jesus Christus alle eer aan U.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid