Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 2 VAN 8

Vreugde-steler Nommer 1: ‘n Klaende en kritiese gees


Een van die dinge wat beslis ons vreugde steel is, wat maak dat ons vreugde putte toegestop word is:  ’n Kritiese en klaende gees


As jy ‘n kritiese en klaende gesindheid het, kan jy eenvoudig nie saadjies van vreugde saai en vreugde oes nie. Jy kan nie! Dis nie moontlik nie. Iemand wat die heeltyd ontevrede en onvergenoegd is, kan nie gelukkig wees nie. Vir hulle is niks ooit goed genoeg nie en volgens hulle kan iets altyd beter of anders gedoen word. 


‘n Kritiese persoon soek heeltyd fout met alles en almal. Dis te lank of te kort; te soet of te suur; te groot of te klein; te lawaaierig of te dooierig; te spoggerig of daar is te min moeite gedoen, maak nie saak wat nie, as dit sus was, soek hulle dit so. 


‘n Klaende persoon sal altyd iets kry om oor te kla. Jy kan jou geld daarop sit. Of dit nou oor hulle gesondheid is, hulle huwelik, hulle werk, hulle kinders, die land, die politiek, die kerk – noem dit en hulle sal iets kry om oor te kla. Wat doen so ‘n gesindheid aan jou? Dit dreineer jou lewenssappe en lewensvreugde. 


Wat is die teenmiddel?  


Vreugde is ‘n besluit. Ek moet besluit ek gaan die positiewe in elke ding soek. Ek besluit om dankbaar te wees vir dit wat ek het en vir dit wat vir my voorgesit is en wat my aangebied word. 


En ek gaan ‘n wag voor my mond sit. Ek gaan Psalm 141: 3 my leuse maak: “Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê.”


Gebed


Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.” Psalm 139:23. Kyk Here of ek nie ‘n klaende en kritiese gees het nie en lei my om ‘n gesindheid van vreugde en dankbaarheid te openbaar. Amen. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid