Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 3 VAN 8

Vreugde-steler Nommer 2: Verkeerde en negatiewe denke


Die tweede vreugde-steler is wat ek noem: “Stinking thinking”. 


As jy regtig die vreugde wil ken wat die Here in jou lewe wil hê, sal jy jou denke moet reg kry. 


Mark Twain het gesê: "Ek het 'n paar verskriklike dinge in my lewe beleef, waarvan sommige eintlik gebeur het."


Die meeste slegte goed wat ons dink met ons gaan gebeur, vind nooit plaas nie. 


Ons dra dikwels te veel dodelike emosies binne-in ons rond. Ons het hierdie negatiewe gedagtes wat dikwels oor en oor deur ons koppe gaan: Gedagtes van “ek is nie goed genoeg nie”; “ek gaan misluk”, “niemand hou van my nie”; “ek is alleen”; “my lewe is nie die moeite werd nie”. 


Wat is die teenmiddel?


Dis nodig dat die Here die manier waarop ons dink, vernuwe. Rom. 12:2 ”... laat God julle verander, deur julle denke te vernuwe.” 


God kan jou op ‘n ander manier laat dink en doen, deur die Heilige Gees wat jou innerlike denke vernuwe en hervorm. 


Die woord wat hier gebruik word, wat binne-in ons moet plaasvind, is dieselfde woord wat ons ook gebruik wanneer ‘n lelike wurm verander in ‘n skoenlapper – naamlik metamorfose. Vir ons om dié metamorfose te ondergaan wat sal maak dat ons nie langer soos die wêreld lyk nie, maar soos God wil hê ons moet lyk, moet ons toelaat dat God ons manier van dink, ons denke vernuwe. Ons denke moet vernuwe word deur die werking van die Heilige Gees, anders sal ons steeds net dink en doen soos hierdie wêreld aan ons voorskryf en sal ons nooit by God se beste vir ons uitkom nie.


Het jy geweet ons het ‘n deel in ons breine wat vreugde beheer? Ons noem dit die vreugde-sentrum. Wanneer ons leer om hierdie vreugde-sentrum in ons breine te  ontwikkel, dan reguleer dit emosie, pyn, depressie, vrees, angs en blaam. Elke liewe emosie moet buig voor die hoof uitvoerende bestuurder en dit is die vreugde-sentrum. 


Gebed


Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak” Psalm 139:23. Kyk Here of my gedagtes nie negatief is nie. Vernuwe my gedagtes, Here, sodat ek meer en meer sal fokus op dit wat goed en mooi, positief en rein, edel en opbouend is (Fil. 4:8).   Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid