Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 1 VAN 8

Verstopte Vreugde-putte

Jesus sê: “Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed. “ Joh. 10:10

Ons eeuoue vyand aan die anderkant – ons wil hom nou nie te veel krediet gee nie — maar hy wil definitief nie hê ons moet gelukkig wees nie. Hy sal dus enige iets doen om ons vreugde te steel.

Jesus sê: “ 'n Dief kom net steel en slag en uitroei ...” Joh.10:10

Hierdie “dief” is egter nie daarop uit om materiële dinge by ons te steel nie – nee, hy wil ons vreugde steel. Want hy weet as hy ons vreugde gesteel kry, steel hy daarmee saam ons lewenskrag en ons hoop. Ons kan egter nie die vyand alleen die skuld gee nie. Dit is en bly uiteindelik ek en jy wat die keuse maak en toelaat dat sekere dinge ons van ons vreugde beroof.

Ons lees in Genesis 26 dat Isak ontsettend voorspoedig was. Die Filistyne was bitterlik jaloers op hom gewees. Soveel so, dat hulle sy putte toegegooi het. Hulle wou sy bron van water en lewe van hom af wegneem. Hulle het gedink dit sal Isak verjaag. Die vyand sal graag dieselfde met jou wil doen. Hy wil graag jou put van vreugde ook toestop.

Die Here beveel vir Isak om weer die putte oop te grawe.

Dit is dalk nodig om jou vreugde putte oop te grawe wat die vyand op verskeie manier probeer toestop het — en jy toegelaat het.

Mag die Here deur sy Gees in die volgende paar dae vir jou uitwys, waar jy toegelaat het dat jou vreugde putte verstop geraak het.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid