Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 7 VAN 8

Vreugde-steler nommer 6 : Om altyd te nagekom te voel


As jy maklik te na gekom voel deur dit wat iemand gedoen het of wat iemand gesê het, wat jou geaffronteer of seergemaak het – sal dit jou van jou vreugde beroof.  Ons voel selfs dikwels dat die Here ons te na gekom het as dinge nie uitwerk soos wat ons wou hê nie. Die gevolg is ‘n gevoel van  onvergewensgesindheid en bitterheid teenoor God en alles en almal. Maar weet jy wat doen onvergewensgesindheid aan jou liggaam? Dit veroorsaak dat die spanning in jou liggaam bly. 


Net soos die versneller van ‘n motor vas kan sit, so kan jy vassit. Jy stoei met jou eie spanning. ‘n Kroniese spanningsreaksie is baie nadelig en kan baie siektes veroorsaak. 


Die hoofrede hoekom mense vassit in daardie spanningsreaksie, is: Hulle voel te na gekom; bitter en onvergewensgesind. En dis hoekom vergifnis so belangrik is! 


Moenie toelaat dat julle bitter word nie ... Behandel mekaar mooi en goed... Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.” (Ef. 4:31-32 Die Boodskap)


Jy dink dalk dis nie regverdig nie. Daardie persoon was lelik met my, daardie persoon het my te na gekom. Maar dit gaan nie oor wat regverdig is nie, dit gaan oor om gehoorsaam te wees aan wat die Here sê. 


Die Here weet as jy dit nie gaan doen nie, dan gaan dit uiteindelik jou gesondheid beïnvloed en ook elke verhouding waarin jy staan vergiftig, ook die een met God.


Wat is die teenmiddel?


Spreuke 34:23 “Bo alles wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.”


Ons moet ons harte bewaar en nie toelaat dat bitterheid in ons lewens inkom nie. Ek sal nooit die saadjies van vreugde kan saai en die oes van vreugde hê, as ek toelaat dat ek die heeltyd te na gekom of verontreg voel nie – kom ons beskerm dus ons harte.


Gebed


Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak” Psalm 139:23. Kyk Here of ek nie onnodig hierdie gevoel het dat ander my te na kom nie. Maak my vry daarvan. Laat ek glo in ander se goeie bedoelings, eerder as om wantrouig te wees oor ander se voornemens. Amen. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid