Leesplan inligting

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelVoorbeeld

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAG 4 VAN 8

Vreugde-steler Nommer 3: Besig-wees


Wanneer jy iemand vra hoe dit gaan, kom die byna outomatiese antwoord: “Besig, dankie!” Dis die realiteit. Ons is almal besig! Die ergste is ons het onsself so besig gemaak. Selfs wanneer ons nie regtig besig is nie, oor-stimuleer ons onsself met sosiale media of een of ander skerm voor ons oë. Daar is absoluut niks ontspannend of verfrissend om doelloos rond te blaai en na die hoogtepunte van ander mense se lewe te kyk nie. Om dit te doen wek eerder gevoelens van ontevredenheid oor jou eie lewe, irritasie en selfs ‘n bietjie jaloesie. 


Ons het onsself op hierdie hamster-wieletjie geplaas en dan neul ons oor die konstante, irriterende gekraak. 


Wat is die teenmiddel?


Jesus bied ons iets eg. 


Matteus 11:28 "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”


Ek soek na dié rus wat Jesus belowe. As jy voel jy wil uit die besig-wees siklus ontsnap en rus vind, is daar sekere opsies wat jy kan probeer.


1. Veg terug teen ons kultuur van altyd besig te wees deur jou doelbewus, intensioneel te ontkoppel.


Ontkoppel jou vir ‘n tyd lank van tegnologie en sosiale media. Ek belowe jy sal dit oorleef! Sit die TV af en sit jou foon neer en kyk in die oë van die mense om jou. Wees teenwoordig.


2. Oefen om “nee” te sê


Jy hoef nie jou kind te laat deelneem aan al wat ‘n buitemuurse aktiwiteit nie. Jy hoef ook nie op elke komitee te dien nie. Sê nee ... Laat ruimte toe vir die Here om sy doel en planne aan jou bekend te maak oor hoe Hy wil hê jy jou dae moet vul. 


3. Prioritiseer rus alhoewel almal om jou net besig, besig is. 


Wanneer ons 'n bietjie ons dagboeke skoonmaak en ophou vashou aan besig-wees, kan ons die hartklop van ons ware passies hoor. Omarm stilte, jy ontdek dalk net weer jou ware self daarin.


Gebed


Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak” Psalm 139:23. Kyk Here of ek nie my dae vul met onnodige dinge omdat ek voel dat die “dinge” my belangrik laat lyk en voel nie. Help my om tyd te maak om stil te wees in u teenwoordigheid, sodat ek u stem in my lewe kan hoor. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raa...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nhkwitfontein.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid