RomeineVoorbeeld

Wie Se Keuse?
“Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm" — Romeine 9:15.
Het ons vir God gekies omdat Hy ons eerste gekies het? Of het God vir ons gekies omdat ons Hom gekies het? Indien jy 'n Calvinis is, sal jy waarskynlik die eersgenoemde sê, teenoor die meer liberale Arminiër wat laasgenoemde sal sê. Dalk is die punt dat beide 'n keuse moet maak.
Wat bepaal God se keuse? Dit gaan nie oor wat ons doen nie, aangesien die keuse waarskynlik reeds voor ons geboorte gemaak is. Terwyl Rebekka nog swanger was, het die Here vir haar gesê die oudste sal die jongste dien (Genesis 25:23). God het vir Jeremia gesê: "Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel" (Jeremia 1:5). Om dus uitgekies te wees, is nie 'n rede vir trots nie, aangesien dit glad nie verdienstelikheid aandui nie. Ons word gekies, bloot omdat God so besluit het (Romeine 9:11) en ons moet daarvoor dankbaar wees.
Tog beteken God se oppergesag nie dat jy geen verantwoordelikheid het nie. Die Israeliete is voor 'n keuse gestel: kies Jahweh en geniet sy seëninge of kies ander gode en verloor Jahweh se beskerming. Ons sien in die Ou Testamentiese verhale hoe hulle keuses hul omstandighede beïnvloed het. In Jeremia 29:13 belowe God: "Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra." Alleen deur God bo alle ander dinge te kies, kan ons 'n verhouding met Hom hê. Ons harte moet geheel en al Syne wees.
Aangesien God oppermagtig is, kan ons Hom nie dwing om ons te kies nie. Eintlik het Hy reeds voorgeskryf wat ons moet doen om deur Hom aanvaar te word — dit is, ons moet ons wegkeer van die wêreld af en ons geloof in Hom plaas. Dit is nog steeds 'n uitdrukking van sy genade, nie ons verdienstelikheid nie, om deur Hom aanvaar te word wanneer ons dit doen.
Uiteindelik weet ons nie waarom God ons wel gekies het nie. Ons is net verheug dat Hy het, en wat ons betref, ons het Hom gekies.
Hoe kan jy vandag jou dankbaarheid aan God bewys vir sy genade in jou lewe?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en eensgesindheid in die kerk.
More