RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 11 VAN 16

Een Liggaam In Christus

"Party van die takke is uitgekap en jy, 'n wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel. Moet jou dan nie bo die ander takke verhef nie! Moet jou ook nie verbeel jy is iets nie: dit is nie jy wat die wortel dra nie, die wortel dra jou" — Romeine 11:17-18.

Die Christendom bestaan reeds al meer as 2 000 jaar … en wat as 'n onverdeelde kerk begin het, het met verloop van tyd in baie kerkgroepe verdeel. Ons verskil in ons aanbiddingstyl, daar is verskille in kerkstruktuur en ook in teologie. Behoort hierdie verskille egter onderlinge verdeeldheid te veroorsaak? Behoort ons eenvormig in ons oortuigings te wees om saam te kan aanbid?

Toe die kerk as 'n Joodse instelling begin het, was dit waarskynlik redelik eenvormig. Die lede het in Christus geglo, maar tog steeds die Tora en Joodse gebruike gevolg. Met die insluiting van heidene in die kerk, het hierdie eenvormigheid ook op 'n einde gekom. Nogtans was die verskeidenheid nie maklik nie. Paulus moes selfs die Joodse Christene aanpraat omdat hulle heidense gelowiges wou dwing om die besnydenis en Tora te onderhou. Mettertyd moes hy, toe daar al hoe meer heidense gelowiges bygekom het, ook vir hulle vermaan om nie met hooghartige of verwaande houdings teenoor die Jode op te tree nie. Tog was sy oplossing nooit dat die twee groepe afsonderlik moes aanbid nie. 

Paulus het die beeldspraak van 'n olyfboom in Romeine 11 gebruik om die kerk te beskryf. Hy het die Romeinse Christene daaraan herinner dat beide heidene en Jode takke aan dieselfde olyfboom is. Heidense gelowiges moes nie neersien op die Jode nie, maar moes onthou dat die boom wat die kerk verteenwoordig, in die Ou Testamentiese beloftes in die Joodse volk gewortel is. Die Jode moes ook nie ekstra vereistes aan die heidene stel nie, omdat hulle reeds as takke in die boom ingeënt is. Hy het van hulle verwag om te leer om met mekaar oor die weg te kom, ondanks hul verskille, want hulle is as een liggaam in Christus saamgebind.

As die Jode en heidene wat nooit voorheen op sosiale vlak bymekaar gekom het nie, tog as Christene saam gemeenskap kon hê, het ons dan enige rede vir verdeeldheid? Kan ons, ongeag of ons protestant of katoliek, metodis, baptis of lede van ander godsdiensgroepe is, mekaar as mede-gelowiges aanvaar wat ook ten volle deur God aanvaar is? Kan ons verenig as gevolg van ons algemene wortels, eerder as om deur verskillende ideologieë verdeeld te wees?

Daar is slegs een liggaam van Christus. Ons is almal lede van daardie liggaam. 

Hoe is jou verhouding met Christene wat anders dink as jy?

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en eensgesindheid in die kerk.

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com