RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 12 VAN 16

Vir Wie Probeer Jy Beïndruk?

"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is" — Romeine 12:2.

Wat beteken dit om aan hierdie wêreld of tydperk gelyk te word? Ons skerts dikwels oor die hedendaagse geslag se obsessie met sosiale media. Alles wat gedoen word, word aanlyn gedeel. As iets nie op Instagram geplaas kan word nie, is dit bloot nie werd om gedoen te word nie. Dit is ook nie beperk tot onseker tienderjariges nie. Dit word ook deur organisasies, die kerk en nie-winsgewendes gebruik. Is iemand gehelp? Dan word daar foto's geplaas sodat mense ons goeie dade kan sien. Was daar 'n spesiale geleentheid? Daar moet foto's geplaas word sodat mense kan sien hoeveel pret ons gehad het.

Hoe vergelyk dit met Jesus se opdrag dat die linkerhand nie moet weet wat die regterhand doen nie? Hy het gesê om deur mense "gesien" te word, behoort nie ons dryfkrag te wees nie, maar ons moet ons goeie dade in die geheim doen waar slegs God dit sien en ons sal beloon. God se kennis oor ons dade behoort vir ons meer as genoeg te wees.

Daar is op sigself niks met sosiale media verkeerd nie, dit is slegs 'n hulpmiddel. Die réde hoekom ons goed deel, is wat saak maak. Plaas ons items om inligting te deel of om met mense in verbinding te kom? Of is ons plasings om 'n indruk te maak, om deur mense "gesien" te word? Indien ons behoefte is om deur mense gesien te word, dan het ons aan hierdie wêreld gelyk geword en het ons herskepping nodig.

Volgens Romeine 12:1, is ons veronderstel om onsself as offers aan God te gee wat vir Hom aanneemlik is. Ons moet dus dood wees vir ons selfsugtige begeertes. Ons behoort nie nodig te hê dat ander mense 'n groter dunk van ons kry nie. 'n Perfekte lewe waarin ons gelukkig is, word nie beskryf as een waarop ander afgunstig is nie, maar een wat volgens die wil van God geleef en deur God goedgekeur word. Ons moet slegs vir God beïndruk en niemand anders nie.

Wys jou lewe dat slegs God se goedkeuring saak maak?

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en eensgesindheid in die kerk.

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com