Leesplan inligting

Floreer as Enkellopende Deel TweeVoorbeeld

Thriving in Your Singleness Part Two

DAG 7 VAN 7

Dag 7



Laat dit gaan, Laat dit gaan 



Teen die tyd weet ek het baie van julle al die Disney fliek Frozen gesien. As daar klein kindertjies in jou lewe is, het jy al Frozen gesien. Wanneer 'n kind sê dat hulle Frozen wil kyk, kan jy nie vir hulle nee sê nie! Ek het drie peetdogters, en wanneer hulle ook al vir my kom kuier, moet ons Frozen kyk. Lol! 



Die tema lied vir Frozen:



Laat dit gaan, laat dit gaan


Kan dit nie meer terughou nie


Laat dit gaan, laat dit gaan


Draai weg en slaan toe die deur





Sommige van ons hou regtig nie van die woord, VERGIFNIS nie! In jou enkellopende tydperk, moet jy leer om in vinnige vergifnis te wandel, want jy gaan dit nodig hê vir die huwelik. Jy mag dalk soms onderskat, onderpresteer, of ongewaardeer voel. Om jouself te vergewe kan moeilik wees, maar om ander te vergewe is nog moeiliker.



Vergewe jou vyande. Vergewe jouself. Soms is ons "innerlike ek" ons grootste vyand. Soms moet ons sê: "Here, vergewe my dat ek opgegee het met dinge wat U vir my gesê het om te doen. Vergewe my dat ek nie u plan vertrou nie. Ek vertrou op U." 



Die lewe is kort. Ons moet eenvoudig LEWE, vrygewig LIEFHÊ, diep OMGEE, geweldig VRYGEWIG wees, gou wees om te VERGEWE, vriendelik PRAAT, en passievol DIEN. Plaas God eerste bo alles in hierdie lewe. 



Die beste maar die moeilikste tydperk is wanneer God JOUSELF vir jou wys. Wat moet jy doen? Wat moet jy verander? Wie moet jy vergewe? Vir wie moet jy om verskoning vra? Vir wie moet jy 'n seën wees? 



Vergewe die mense wat jou sleg behandel het. Laat dit gaan. Vergewe die mense wat jou oorsien. Laat dit gaan. Vergewe die mense wat jou mishandel. Laat dit gaan. 



Vergifnis is 'n aanhoudende lewenslange proses; ons het die vermoë om te kies hoe dit ons daaglikse lewe gaan affekteer. 



Wees soos Josef. Josef se broers, die mense wat hy die liefste gehad het, het hom in slawerny verkoop omdat hulle jaloers was, want hy was 'n dromer. Na alles wat Josef deurgegaan het moes hy omdraai, vergewe, en lief wees vir sy familie. Omdat Josef nie probeer het om sy broers terug te kry nie, omdat hy nie kleinlik was nie; het God hom geseën met guns en gesag. Vergewe jouself. Vergewe jou familie. Vergewe jou vyande. Vryheid is aan die ander kant van vergifnis. Wees vry! Laat dit gaan. 



Vandag se opdrag: Skryf die naam van elke individu neer wat jou seergemaak het. Skryf 'n brief van die toneel wat plaasgevind het. Verduidelik hoe die oortreder se aksies jou laat voel het. Lees dit hardop en raak dan ontslae daarvan. 






Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Thriving in Your Singleness Part Two

Wat doen jy terwyl jy wag? Stagneer jy jaar na jaar? Verwerp jy die idee van groei? Hou jy op om aan jou droom te werk? Hou jy op om God en ander te dien? Die antwoord is NEE. Enkellopenheid is 'n tyd om te FLOREER

Ons wil graag vir "Singles who pray" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.canva.com/design/DAEswaNj5GU/_swvS1oj04GNqGbEKF0SJw/view?website#2

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid