Leesplan inligting

Floreer as Enkellopende Deel TweeVoorbeeld

Thriving in Your Singleness Part Two

DAG 4 VAN 7

Dag 4



Om Doelgerig Die Hof te Maak



Ek is nie groot op uitgaan nie; ek verkies hofmakery. Nie enigeen is 'n geskikte kandidaat vir jou toekoms nie. Kom ons wees eerlik, sommige uitgaan-opsies word verbloem as 'n groot AFLEIDING. Glo my as ek sê almal het gedurende die pandemie tyd! Wees egter versigtig in wie jy jou tyd en energie belê. 



Om saam met die "verkeerde een" te wees kan jou visie belemmer, jou toekoms verwoes, en jou aandag aflei van jou Godgegewe doel. Om te trou met "net enige iemand" is maklik om te doen.



Wat van om iets te doen wat meer uitdagend is, en 'n klein bietjie langer te wag vir die persoon wat jou roeping komplimenteer? 



Ons lewe in 'n geslag waar almal sê dat ons met iemand moet uitgaan. Hulle sê dinge soos: "kom uit en ontmoet mense," "jy moet by aanlyn-uitgaan klubs aansluit," of "laat ek vir jou iemand reël." Jou familielede vra van tyd tot tyd: "gaan jy met iemand uit?" Jou vriendinne sal druk op jou uitoefen om met mense uit te gaan. Jou vriende sal vir jou vertel dat jy te kieskeurig is en dat jou standaarde te hoog is. Wag vir jou Godgegewe maat. 



Wanneer God 'n mandaat op jou lewe plaas, kan jy nie net met enigiemand uitgaan nie. Wanneer God vir jou 'n duidelike visie en 'n opdrag vir jou lewe gee, moet jy die gekwetter van ander stilmaak en jou aan God onderwerp. God wil vir jou wysheid en instruksies vir jou opdrag gee.



God sal twee mense bymekaar bring vir 'n huwelik tot sy eer. Jou Godgegewe maat sal weet dat jy die een is! Geen speletjies, verwarring, of aan-'n-lyntjie-houery nie. God het Adam se rib geneem as 'n herinnering dat 'n vrou gemaak is om langs hom te wees. Twee mense word geroep om mekaar in die huwelik te komplimenteer. 



Wanneer die goeie ding binne jou bereik is, wag vir die GOD-ding. Die wag sal die moeite werd wees! Vroeër of later sal jy nie meer alleen op hierdie reis na jou doel hoef te wees nie. Jy is nader as wat jy dink. 



Vandag se opdrag: Skryf 'n visie en missie stelling vir jou toekomstige huwelik. 






Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Thriving in Your Singleness Part Two

Wat doen jy terwyl jy wag? Stagneer jy jaar na jaar? Verwerp jy die idee van groei? Hou jy op om aan jou droom te werk? Hou jy op om God en ander te dien? Die antwoord is NEE. Enkellopenheid is 'n tyd om te FLOREER

Ons wil graag vir "Singles who pray" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.canva.com/design/DAEswaNj5GU/_swvS1oj04GNqGbEKF0SJw/view?website#2

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid