Leesplan inligting

Floreer as Enkellopende Deel TweeVoorbeeld

Thriving in Your Singleness Part Two

DAG 2 VAN 7

Dag 2 



God Eerste, Dan Koffie?



Waar kry jy jou daaglikse dosis?



Op 'n daaglikse basis neem baie mense baie verskillende vitamienes of medikasie. Gedurende hierdie pandemie, gaan 'n klomp van ons meer moeite doen om ons immuniteit sterk te hou! 



Vir al my koffie liefhebbers, jy kan jouself hiermee vereenselwig! Ons het 'n koppie koffie elke dag nodig — 24/7/365. Ek is die tipe persoon wat koffie nodig het voor enige vergaderings of gesprekke. LOL! Sommige van ons maak staat op ons daaglikse dosis kafeïen.



Hoeveel van ons voel af wanneer ons nie tyd vir ons daaglikse dosis gebed, stiltetyd met God, en Bybellees gekry het nie? Ek weet nie van julle nie, maar as ek my oggendgebed mis voor my dag begin, is my hele dag deurmekaar! 



Waar kry jy jou daaglikse dosis?



Neem jy 'n daaglikse dosis vertwyfeling, negatiwiteit, jaloesie, vrees, ongehoorsaamheid, afguns, onsekerheid, depressie, uitstel, kleinlikheid, lae selfbeeld, woede, of frustrasie? 



Neem jy jou vriende se dosis van skinder, kwaadpraat of leuens?



Laat jy die vyand toe om jou gedagtes te besoedel met vrees eerder as om God toe te laat om jou gees met positiewe goed te vul?



Neem jy 'n daaglikse dosis van vertwyfeling oor jou lotsbestemming?



Neem jy 'n daaglikse dosis van vertwyfeling of jy ooit sal trou?



Vandag is die wêreld in 'n oproer wat met onsekerheid, verwarring, hartseer, en vrees gevul is. Elke enkele persoon word geraak. Dit maak nie saak van jou velkleur, status, bekendheid, of geld nie. Ons word almal op 'n manier geaffekteer.



Die vyand wil jou vul met vrees en leuens dat jy nooit jou Godgegewe maat sal ontmoet nie. Die vyand wil jou vul met eensaamheid, depressie en wanhoop. 



Ons kan ons vertroue plaas in ons God wat nooit faal nie. Ons dien 'n God wat dinge kan omkeer, selfs binne 'n sekonde. Die beste dosis wat ons nou nodig het is JESUS.



Vandag se Uitdaging: Verklaar jou oggende om met positiewe stellings en besluite gevul te wees.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Thriving in Your Singleness Part Two

Wat doen jy terwyl jy wag? Stagneer jy jaar na jaar? Verwerp jy die idee van groei? Hou jy op om aan jou droom te werk? Hou jy op om God en ander te dien? Die antwoord is NEE. Enkellopenheid is 'n tyd om te FLOREER

Ons wil graag vir "Singles who pray" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.canva.com/design/DAEswaNj5GU/_swvS1oj04GNqGbEKF0SJw/view?website#2

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid