Leesplan inligting

Floreer as Enkellopende Deel TweeVoorbeeld

Thriving in Your Singleness Part Two

DAG 6 VAN 7

Dag 6



God se Plan, God se Plan



As jy regtig vir God wil laat lag, vertel vir Hom van jou planne.



Ek weet hoe om God te laat lag. My planne in die verlede was lagwekkend, lol! 



Hoe lyk God se plan?



Een van die grootste gedeeltes van God se plan vir die enkellopende is VERLOSSING. Om jou lewe vir Christus te gee is die belangrikste besluit wat jy ooit sal neem.



Ons sal nooit die volle omvang van God se plan vir ons lewe weet nie. Ons kan soek na sy wil vir ons lewe. God gee vir ons baie voorbeelde in die Bybel. In die Bybel is daar baie Skrifgedeeltes wat betrekking het op God se plan vir alle gelowiges.



Jy mag dalk nou 'n werk doen wat jy haat; dit is nie jou droom werk nie. God vra van jou om jou werk uitnemend te doen asof dit jou droom werk is. Dit gaan nie oor wat jy doen nie, dit gaan oor hoe jy dit doen. As jy jou gemeenskap dien, dien met liefde en integriteit. As jy nou enkellopend is, floreer as enkellopende. 



God gee vir ons die outoriteit om vir sekere dinge volgens sy wil te vra. Ons groei wanneer ons na God soek en sy Woord op ons lewens toepas. Geloof is die sleutel om die deure oop te sluit vir dit wat God vir jou wil gee.



As 'n enkellopende persoon het jy dalk jou hele lewe beplan — die dag wat jy gaan trou, die hoeveelheid kinders wat jy graag wil hê, die plek waar jy gaan woon, of die plek waar julle jaarliks as familie vakansie sal hou. Ons moet onsself afvra, is ons planne in ooreenstemming met God se planne?



Geestelike volwassenheid is wanneer jy heelhartig kan sê God se wil bo my wil. "Vader, ek laat vaar my planne sodat u planne kan seëvier. Ek bied nie meer my bloudruk vir my lewe aan nie, ek volg nou u plan, Vader. Laat u volledige wil in my lewe geskied." As 'n enkellopende persoon, bid dat God se wil sal geskied. 



'n Goeie ding van God se plan is dat daar geen kompetisie is nie. Jy het tonnelvisie alleenlik op wat God jou roep om te doen, waar God jou wil hê, en waarheen God jou lei. Bring jouself in pas met God se plan. 



Sê dit hardop: "Vader, laat u wil geskied." Klaar.



Vandag se uitdaging: Skryf 'n eenvoudige gebed oor God se wil vir jou lewe.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Thriving in Your Singleness Part Two

Wat doen jy terwyl jy wag? Stagneer jy jaar na jaar? Verwerp jy die idee van groei? Hou jy op om aan jou droom te werk? Hou jy op om God en ander te dien? Die antwoord is NEE. Enkellopenheid is 'n tyd om te FLOREER

Ons wil graag vir "Singles who pray" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.canva.com/design/DAEswaNj5GU/_swvS1oj04GNqGbEKF0SJw/view?website#2

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid