Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 6 VAN 14

Eers die Lyding



"Hoekom moet ons ly?" "As God ons regtig liefhet, waarom gebeur al die slegte dinge met ons?" Ek hoor dikwels sulke vrae. Mense worstel al jare met daardie vrae en het nog steeds nie die antwoorde ontdek nie. Ek probeer nie eens om die vrae te beantwoord nie. Ek maak egter wel een opmerking: "As God ons net geseën het nadat ons gelowiges geword het -- as Hy al die lyding, moeilikheid en probleme vir Christene weggeneem het -- sal dit nie 'n manier wees om mense om te koop om gelowig te word nie?"



Dis nie hoe God werk nie. Die Here wil hê ons moet uit liefde na Hom toe kom en omdat ons weet ons is behoeftig -- so behoeftig dat net Hy die behoefte vir ons kan vervul.



Die werklikheid is, vanaf ons geboorte totdat ons huis toe gaan om by Jesus te wees, ons met tye sal ly. Sommige het moeiliker take as ander, maar lyding bly lyding.



Ek dink ook, wanneer mense ons dophou as ons in ons swaarkry na God gaan vir hulp en hulle sien ons oorwinnings, dien dit as 'n getuienis teenoor hulle. Daardie getuienis mag hulle nie altyd na Christus lei nie, maar dit toon wel God se teenwoordigheid in ons lewens en maak hulle bewus van wat hulle mis.



Daar het onlangs 'n nuwe gedagte by my opgekom: Lyding het danksegging tot gevolg. Wanneer ons lewens chaoties word en ons nie weet wat om te doen nie, gaan ons na die Here vir hulp, en Hy antwoord ons gebede en maak ons vry. God praat met ons en vertroos ons. Dan is die gevolg dat ons dankbaar is.



Die tyd tussen lyding en danksegging is wanneer die duiwel in alle erns ons gedagtes aanval. Hy mag begin deur te se: "As God jou regtig liefgehad het, sou jy nie hierdeur hoef te gegaan het nie." Die waarheid is, ons sal probleme hê as ons gelowiges of ongelowiges is. As gelowiges sal ons egter ook oorwinnings hê. As gelowiges in Jesus Christus, kan ons vrede hê te midde van die storm. Ons kan ons lewens geniet te midde van die probleme, omdat ons werklik glo dat God namens ons werk om vrymaking te bring.



Bid: My Meester en my God, vergewe my dat ek altyd 'n maklike lewe wil hê. Ek erken dat ek nie wil ly nie, en ek hou nie daarvan as dinge verkeerd loop nie. Maar ek vra dat U vir my sal help om 'n goeie gesindheid te hê en U te vertrou om die goeie daaruit voort te bring. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid