Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 5 VAN 14

"Ek Kan Dit Nie Verhelp Nie!"



Wanneer God begin om ons verkeerde gedrag te hanteer, is dit maklik om te sê: "Ek kan dit nie verhelp nie," maar dit verg ware moed en geloof om te sê: "Ek is gereed om verantwoordelikheid te aanvaar en my lewe in orde te kry."



Baie van ons denke is 'n gewoonte. As ons gereeld aan God en goeie dinge dink, kom Goddelike gedagtes natuurlik. Duisende gedagtes vloei elke dag deur ons denke. Ons mag voel ons het geen beheer daaroor nie, maar ons het. Alhoewel ons ons nie hoef in te span om verkeerde gedagtes te dink nie, moet ons ons grootliks inspan om goeie gedagtes te dink. Wanneer ons veranderinge begin maak, sal ons 'n stryd moet stry.



Ons denke is die oorlogsveld en die Satan se primêre metode om sy bose planne vir ons aan die gang te kry, is deur ons gedagtes. As ons voel ons het geen mag oor ons gedagtes nie, sal die Satan ons verlei en verslaan. In plaas daarvan kan ons besluit om op 'n Goddelike manier te dink.



God het ons die mag gegee om te kies — om regte denkpatrone bo verkeerdes te kies. Wanneer ons egter daardie keuse gemaak het, moet ons aanhou om die regte gedagtes te kies. Dis nie 'n eenmalige besluit nie, maar dit word wel makliker. Hoe meer ons ons lewens vul met Bybellees, gebed, aanbidding en gemeenskap met ander gelowiges, hoe makliker is dit vir ons om aan te hou om die regte gedagtes te kies.



Dit neem tyd om te leer om die goeie te kies en die bose te verwerp. Dit sal nie maklik wees nie, maar ons beweeg in die regte rigting elke keer wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar en die regte keuses maak.



Bid: Sterke God, herinner my dat ek elke dag keuses kan maak en dit wel doen. Help my asseblief om my gedagtes te monitor, net dié te kies wat my sal help om die duiwel te oorwin en die stryd in my denke te wen. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid