Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 9 VAN 14

Positiewe Geloof



Die geskiedenis van Abraham verstom my, al lees ek dit hoeveel keer. Dis nie net die geboorte van 'n seun toe Abraham honderd jaar oud was nie. Dit is 'n wonderwerk. Maar net so verstommend is die wete dat hy vyf en twintig jaar gewag het vir die vervulling van die belofte. Hy was vyf en sewentig toe God hom 'n seun belowe het.



Ek wonder hoeveel van ons sou God glo en vir vyf en twintig jaar in afwagting leef. Die meeste van ons sou seker gesê het: "Ek het nie regtig van God gehoor nie." "Ag, ek dink nie God het dit regtig bedoel nie." Of "Ek moet êrens anders 'n nuwe woord van die Here kry."



In ons ongeduld neem ons dikwels dinge in ons eie hande. Ek sê ons kry ons eie "blink idee"-planne, wat ons hoop God sal seën. Hierdie planne maak die deur vir verwarring en chaos oop. Dan moet die gevolge hanteer word, wat dikwels ons wonderwerk vertraag.



Die Bybel gee ons beloftes, hoop en bemoediging. God belowe die goeie vir dié van ons wat Hom dien. Ten spyte van die teëspoed van ons omstandighede — en sommige mense het absoluut verskriklike omstandighede — belowe God steeds die goeie. Ons sin vir die goeie mag egter nie dieselfde wees as God s'n nie. Om onmiddellik ons sin te kry is dalk nie die beste vir ons nie. Soms is om te wag die beste ding, want dit help om God se karakter in ons te ontwikkel.



Die Here verkies om goed aan ons te doen en om ons gelukkig te maak; die duiwel verkies om die slegte aan ons te doen en ons ellendig te laat voel. Ons kan geduldig bly en aanhou om God se beloftes te glo, of ons kan die bose toelaat om in ons ore te fluister en ons te verlei.



Positiewe geloof in God se beloftes lewer goeie resultate, want die Een wat goed is, stuur dit vir ons. Weier om moed te verloor, en jy sal die resultate van jou positiewe geloof sien.



Bid: Liewe Vader in die hemel, vergewe my gebrek aan geloof. Vergewe my dat ek die Satan toelaat om my te bedrieg of my te laat dink dat ek niks beteken of u wonderwerke nie waardig is nie. Ek is waardig omdat U my waardig maak. U is die God van die onmoontlike, en ek vra dat U my sal help om op U te wag en nooit moed te verloor nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus, my Here. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid