Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 14 VAN 14

Die Denke van Christus



Vandag se Skrifgedeelte oorweldig baie mense. As dit nie woorde uit die Bybel was nie, sou hulle dit nie geglo het nie. Dit is so dat die meeste mense hul koppe skud en vra: "Hoe is dit moontlik?"



Paulus het nie gesê ons is volmaak of dat ons nooit sal misluk nie. Hy het vir ons vertel, dat aan ons as gelowiges in Jesus, die Seun van God, die denke van Christus gegee is. Dit wil sê, ons kan geestelike gedagtes dink, omdat Christus in ons leef. Ons dink nie meer soos voorheen nie. Ons begin soos Hy dink.



Wanneer die Heilige Gees in ons lewe en werk, is die denke van Christus aktief in ons. Die denke van Christus is aan ons gegee om ons op die regte pad te lei. As ons sy denke het, sal ons positiewe gedagtes dink. Ons sal dink oor hoe geseënd ons is -- hoe goed God vir ons is.



Jesus was positief ten spyte van al die leuens wat oor Hom vertel is, al was Hy eensaam, misverstaan en 'n menigte ander negatiewe dinge. Hy is in die steek gelaat deur sy dissipels toe Hy hulle die nodigste gehad het, tog het Hy positief gebly — altyd in staat om 'n opbeurende, bemoedigende woord te gee. Net om in sy teenwoordigheid te wees, beteken dat alle vrees, negatiewe gedagtes, en ontmoedigende wanhoop soos mis voor die son sal verdwyn.



Die denke van Christus in ons is positief. Wanneer ons dus swig voor die versoeking om oor iets negatief te wees, behoort ons dadelik te onderskei dat ons nie volgens die denke van Christus optree nie. God wil hê dat ons opgehef moet word. Dis die vyand van ons siel wat ons terneergedruk wil hê -- depressief. Ons het baie geleenthede om negatiewe gedagtes te dink, maar dis nie die denke van Christus wat dan in ons werk nie. Ons hoef nie daardie gedagtes te aanvaar nie. Hulle is nie ons s'n nie!



Bid: Here, ek wil waarlik bewus wees van die denke van Christus in my lewe, en ek wil elke minuut van elke dag daarvan bewus wees. Help my om myself oop te stel om net u wil te ken en van die ou denkpatrone ontslae te raak, daardie denkwyse wat my op die verkeerde pad sal lei. Ek vra dit deur Jesus Christus. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Uitgegee deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid