Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 7 VAN 14

'n Volmaakte Plan



Wat beteken dit dat God 'n volmaakte plan vir ons het? Miskien is dit die woord "volmaak" wat ons pla. Ons is feilbaar en maak so baie foute. Hoe kan enigiets in ons lewens volmaak wees? Ons ken onsself maar te goed. Onmiddellik dink ons aan ons tekortkominge en skud ons koppe.



Dis 'n slenter van Satan! Die plan is nie volmaak omdat ons volmaak is nie, die plan is volmaak omdat God volmaak is. God het 'n spesiale plan vir elkeen van ons se lewens.



Kom ons dink oor daardie plan. In Filippense 1:6 sê Paulus vir ons dat God ons gered en 'n goeie werk in ons begin het. Paulus skryf ook in Efesiërs 2:10 dat ons God se skepsel (of handewerk) is. Die twee voorafgaande versies vertel ons dat ons uit God se genade gered is. Ons het niks met die daad van saligmaking te doen nie -- ons het dit nie verdien nie. Ons is as 'n gawe in die koninkryk van God gebore.



Terwyl ons dink aan God wat in ons werk, herinner ons onsself dat God volmaak is. Niks wat ons ooit kan doen, kan goed genoeg wees om God se volmaaktheid te bevredig nie. Net Jesus, die Volmaakte Een, is goed genoeg. Niks anders as ons geloof in Hom maak ons vir God aanvaarbaar nie.



Sodra ons sê: "Maar wag! Ek is nie volmaak nie! Ek faal," het ons ons aandag van God afgeneem en Satan toegelaat om ons weg te lei met verkeerde denke. Ons liefdevolle Here pleit met ons om ons harte en siele ten volle aan Hom oor te gee. Hoe voller ons oorgawe, hoe vollediger leef ons volgens sy goeie en volmaakte plan.



Bid: Volmaakte Vader, help my met hierdie stryd in my denke. Die Satan herinner my gedurig aan my onvolmaaktheid en swakhede, maar ek vra dat U my sal herinner aan u volmaaktheid, u liefde, en u nabyheid sodat ek voortdurend in oorwinning kan wandel. Ek vra dit deur Jesus Christus. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid