Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 1 VAN 14

Weldeurdagte Planne



"Hoe kon jy?" het Helen geskreeu. "Hoe kon jy ooit so iets doen?"



Tom het sy vrou hulpeloos aangestaar. Hy het egbreuk gepleeg, sy sondige dade in die gesig gestaar en sy vrou gevra om hom te vergewe.



"Ek het nooit beplan dat 'n verhouding moes ontwikkel nie," het Tom met trane in sy oë gesê.



Tom het nie gejok nie. Hy het geweet dat hy 'n paar swak keuses gemaak het, maar hy het nie vooruit gedink aan die gevolge van sy dade nie. Na byna 'n uur se gepleit, het hy iets gesê wat Helen gehelp het om te begin verstaan en hom uiteindelik te vergewe.



"Ek was ontrou aan jou voordat ek ooit egbreuk gepleeg het." Hy het gepraat oor hul besige lewe wat verhoed het dat hulle tyd saam deurbring, sy kritiese houding, haar gebrek aan emosionele reaksie, en dat sy nie na hom luister wanneer hy oor probleme by die werk praat nie.



Dit is presies hoe satan werk. Hy begin deur ons gedagtes te bombardeer met fyn uitgewerkte patrone van irritasie, ontevredenheid, twyfel, vrese en argumente. Hy beweeg stadig en versigtig (per slot van rekening, weldeurdagte planne neem tyd).



Tom het begin twyfel of Helen hom werklik liefgehad het. Sy het nie geluister nie en sy het nie altyd op sy liefdesbetuigings gereageer nie.



Een van sy kollegas het wel geluister. Eenkeer het sy gesê: "Helen verdien nie so 'n warm, goedhartige man soos jy nie." (Satan het ook in haar gewerk). Elke keer wat Tom 'n klein treetjie van die regte pad af gegee het, het hy sy optrede in sy gedagtes geregverdig: As Helen nie na my wil luister nie, is daar ander mense wat wil.



Die kollega het geluister. Weke later het hy haar 'n drukkie gegee en gewens dat hy dieselfde hartlike reaksie van sy vrou af kon ervaar. Dit was 'n onskuldige omhelsing--of so het dit voorgekom.



Tom het nie besef dat satan nooit haastig is nie. Al wat hy nodig het, is 'n geleentheid om onheilige, selfgesentreerde gedagtes in ons koppe te plaas. As ons hulle nie uitskop nie, bly hulle. En hy kan voortgaan met sy bose, vernietigende plan.



Ons hoef nie daardie verkeerde gedagtes toe te laat om 'n tuiste in ons koppe te vind nie. "Die wapens van ons stryd is ... is kragtig wapens van God ... Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korinthiers 10:4-5).



Here Jesus, in u Naam, roep ek uit na oorwinning. Stel my in staat om elke gedagte tot gehoorsaamheid te bring. Help my om nie toe te laat dat satan se woorde in my gedagtes bly en my oorwinning steel nie. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2005 deur Joyce Meyer. Uitgegee deur FaithWords . Alle regte voorbehou.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid