Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 3 VAN 14

Soos Ons Fokus



Jare gelede het ek 'n kosbare les geleer: Ons word dit waarop ons ook al fokus. Daardie eenvoudige stelling het my baie geleer. Waarop ons ook al ons energie of ons aandag toespits, daardie dinge sal ontwikkel. Nog 'n manier waarop ek dit graag stel, is: "Waar die denke gaan, daar volg die mens!"



As ek aan roomys dink, is ek netnou in my motor op pad om roomys te koop. My gedagtes sal my begeertes en emosies aanwakker, en ek sal besluit om hulle te volg.



As ons net op die negatiewe dinge in ons lewens fokus, word ons negatiewe mense. Alles, insluitend ons gesprekke, word negatief. Ons verloor gou ons vreugde en leef ellendige lewens -- en dit het alles by ons eie denke begin.



Jy mag dalk probleme in jou lewe ondervind -- sonder om te besef dat jy hulle self skep deur dit waaraan jy kies om te dink. Ek daag jou uit om te dink waaraan jy dink!



Jy mag ontmoedig en selfs depressief wees en wonder wat dit veroorsaak. Tog, as jy jou denke ondersoek, sal jy agterkom jy voed die negatiewe emosies wat jy voel. Negatiewe denke is brandstof vir ontmoediging, depressie en baie ander onaangename emosies.



Ons behoort ons gedagtes versigtig te kies. Ons kan dink aan wat verkeerd is in ons lewens of wat reg is. Ons kan dink aan wat verkeerd is met al die mense met wie ons te doen het of ons kan kies om die goeie te sien en daaroor nadink. Die Bybel leer ons om altyd die beste te glo. As ons dit doen, maak ons ons lewens gelukkiger en vreedsamer.



Bid: Liewe geduldige en liefdevolle God, ek vra u vergifnis dat ek my gedagtes toespits op dinge wat nie vir U welbehaaglik is nie. Ek bid dat U my sal help om my denke te vul met gedagtes wat skoon en rein en opbouend is. In Jesus se Naam. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid