Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 2 VAN 14

Ken die Waarheid



In my boek, "Battlefield of the Mind", skryf ek van Johan, 'n agter-die-skerms soort mens. Hy is 'n man wat verbaal deur sy ma mishandel en in sy kinderdae deur maats gespot is. Hy het konfrontasies gehaat en was nie opgewasse teen sy vrou, Maria, se sterk wil nie.



Johan was oortuig dat teenstand teen enigeen niks goed inhou nie; hy sou in elk geval die onderspit delf. Hy het gedink die enigste manier om voort te gaan was om stil te wees en wat ook al gebeur, te aanvaar.



Johan het ook 'n ander leuen geglo — dat God hom nie werklik liefhet nie. Omdat hy so gevoel het, het hy die duiwel se leuens geglo. "Ek het gevoel asof God vir die wêreld gesê het: 'Glo in Jesus en julle sal gered word.' Ek het op die een of ander pakket-aanbod ingeglip — maar ek het nooit gevoel ek was liefde werd nie."



As die vyand van jou denke jou kan oortuig dat jy te sleg of te waardeloos is, het hy 'n vesting in jou denke opgerig.



Alhoewel Johan 'n Christen was, is sy denke deur sy vyand gevange gehou.



Johan moes weet dat hy geliefd is, en dat hy so waardevol vir God se koninkryk is soos Paulus, Moses of enigiemand anders. Vir Johan om hierdie oorlog te wen en die vestings wat die duiwel in sy denke gebou het, weg te werp, was dit nodig om die waarheid te weet. Jesus het gesê: "As julle . . . [vashou aan My woorde en daarvolgens lewe], is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak" (Johannes 8:31b-32).



Johan leer die waarheid terwyl hy God se Woord lees, bid, en nadink oor wat dit vir hom sê. Hy leer ook, terwyl hy God se woord in sy daaglikse lewe toepas, dat dit presies werk soos Jesus gesê het.



Ek het uit die Woord van God en lewenservaring geleer dat God se woord gevul is met krag en die vestings sal afbreek wat Satan in ons denke gebou het.



Jy kan nie vry wees nie, tensy jy weet dat die wapens van die stryd vir jou beskikbaar is en dat jy kan leer hoe om dit te gebruik.



Bid: Here God in die hemel, herinner my dat ek vir U belangrik is en dat U my liefhet, selfs al voel ek nie geliefd nie. Help my om te leer dat ek vir U so belangrik is soos enige ander Christen en dat U my so liefhet as wat U hulle liefhet. Ek dank U in die Naam van Jesus Christus. Amen.



Uit die boek Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid